Waarheen het Jesus neergedaal? – Johann Voges

‘n Leser vra

Toe Jesus vir die rower gesê vandag sal jy saam met My in die Paradys wees is toe Jesus saam met die rower gesterf het. As ek die Heilige Gees versaan is dit toe Hy terhelle neer gedaal het soos in die Heidelbergse kategusme vir ons geleer is dat Hy (Jesus) neergedaal het. Nou my vraag is ” waarheen het Jesus dan neer gedaal as Hy vir die rower gesê het van vandag sal jy saam my in die Paradys wees.” Is die beleidende geloof beleidenus dan al die jaare vekeerd of het ek verkeerd verstaan wat die Heilige Gees my openbaar het verkeerd verstaan. Help my reg asseblief!

Antwoord

Dr Johann Voges Antwoord,

In Afrikaans is daar hoofsaaklik drie opsies om die frase “ter helle neergesdaal” (descendit ad inferna) te interpreteer en gevolglik te vertaal: (1) Indien mens nader aan die waarskynlik oorspronklike bedoeling van die formule wil beweeg – as aanduiding dat Jesus werklik dood was – behoort mens te vertaal: “Hy het neergedaal na die doderyk”, of: “Hy het na die doderyk gegaan”, of: “ja, Hy was werklik dood”. (2) Indien inferna as “hel”, in die tegniese sin van die woord, verstaan word (verblyfplek van die duiwel en sy volgelinge), moet mens vertaal: “Hy het neergedaal na die hel”. (3) Indien inferna figuurlik verstaan word, is daar verskeie vertaalopsies: “Hy het ter helle neergedaal “, of: “Hy het die lyding van die hel ondergaan”; of: “Hy het helse smarte/angste gely”, of: “Hy het die angste van die hel ondergaan”.

 

Gaan na ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za) en tik by die soekfunksie in “ter helle neergedaal” en jy sal die volgende artikels daarin kry wat jou vraag volledig sal antwoord.

  1. Wat sal die Engelse vertaling vir die woorde “ter helle neergedaal” wees? – Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/wat-sal-die-engelse-vertaling-vir-die-woorde-ter-helle-neergedaal-wees-hermie-van-zyl/)
  2. Ter helle neergedaal – was Jesus in die hel? – Fanie Rudolph (https://www.bybelkennis.co.za/ter-helle-neergedaal-was-jesus-in-die-hel/)
  3. Ter helle neergedaal – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/ter-helle-neergedaal/)
  4. Die Apostoliese Geloofsbelydenis (6) – Mitch Kalp (https://www.bybelkennis.co.za/die-apostoliese-geloofsbelydenis-6/)
  5. 5. Christus in die Hel – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/christus-in-die-hel/)

Skrywer: Dr Johann Voges

 




Kan mens Geloof hê Sonder gebed? – Johann Voges

‘n Leser vra:

Stelling: mens kan nie bid sonder geloof dat jy sal ontvang waarvoor jy gebid het nie. Hoop, geloof en vertroue loop hand aan hand.
MAAR
Kan mens geloof hê sonder gebed? Is die stelling van geloof, hoop en vertrou ook hier van toepassing? En indien so, hoe werk dit dan? Vir wie en waarvoor sê mens dan dankie?
Immers staan daar geskrywe: bid sonder ophou
Wees in alles dankbaar
Dank God…

Antwoord:

Dr Johann Voges antwoord

Gebed is eienaardig… soms bid ek opreg en met erns, om daarna te ervaar ek kon netsowel maar stilgebly het want daar het eintlik niks van gekom nie. Ander kere is my gebede sommanet omdat ek skuldig voel om nie te bid nie, en dan antwoord die Here daarop beter as wat ek ooit sou kon vra. Sou dit wees waarom die Bybel sê… moet nooit ophou bid nie. Self daar waar mens begin dink dis net mal mense wat nog glo in gebedsverhoring of daar waar ek begin wonder wat is die kans dat die Here na my deurmekaar gebrabbel gebedjie sou wou luister.

Paulus sê in Rom 8:26 – 27 “Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid Dit gaan nie hier oor ’n reg of verkeerd bid of kan of nie kan bid nie”… asof Paulus hiermee probeer sê ek weet nie hoe of wat om te bid nie, maar soos ’n kind probeer ek in my brabbeltaal vir my hemelse Vader vertel wat my pla… gelukkig verstaan Hy my brabbeltaal en weet wat ek nodig het, net soos ’n ma kan.

Gaan ook na ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za) en tik by die soekfunksie in “gebed” en jy sal die volgende artikels daarin kry, wat jou vraag verder sal antwoord…

  1. Ek glo dat al my gebede gehoor en verhoor word!!! – Johann Voges (https://www.bybelkennis.co.za/ek-glo-dat-al-my-gebede-gehoor-en-verhoor-word-johann-voges/)
  2. Die Heilige Gees, Jesus, en gebed – Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/die-heilige-gees-jesus-en-gebed-hermie-van-zyl/)
  3. Die vleuels van gebed (1) – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/die-vleuels-van-gebed-1/)
  4. Perspektief op gebed – (‘n reeks van 1 – 29) – Jan van der Watt
  5. Gebed-Vraag – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/gebed-vraag/)

 

Skrywer: Dr Johann Voges




Bybelse tyd en die van die Dinosourusse – Johann Voges

“n Leser vra:

Baie dankie vir u epos. Ek het deur al die inligting gegaan soos wat u verskaf het, maar dit antwoord steeds nie my vraag nie.

Ek weet van al die dinge in aangeduide webblaaie, en ek bevraagteken op geen manier die Bybel of wat daarin staan nie. Ek twyfel ook in geen opsig dat Jesus bestaan het nie, trouens, ek aanvaar die Bybel as die enigste bron van korrekte inligting aangaande die skeppping, tot die laasts vers in Openbaring. Ek is ‘n beleidende Christen, daarom twyfel ek nie daaroor nie.

Ek weet ook dat ek nie die Bybel as ‘n  geskiedkundige geskrif moet sien nie, maar op die keper beskou, is dit tog wel deel van die wêreld geskiedenis, hoewel die besonderhede wat daarom draai, nie altyd relevant, of werd is om in die Bybel aangeteken te word nie, omdat dit presies net is wat dit sê: geskiedenis. 

Ek weet nie (of het dit nog nie raak gelees nie) dat die bybel geskiedenis vreeslik baie van/oor Europa sê nie, behalwe as dit wat in Nebukadneser se droom van die beeld voorgekom het nie. Daar is ook ander lande, ens, wat nie ter sprake is nie, wat ek verstaan, omdat dit nog onontginde gebiede was, wat nie vir my belangrik is nie.

Maar almal ken die evolusie leer. Dit was selfs foutief vir die kinders gevoer. (Vir my nogal ironies – kry godsdiens onerrig waar daar geleer word van die skepping, net om in ‘n volgende vak te leer dat die mens eintlik van ‘n aap af afstam!)

En dit is my vraag: as daar iets soos ‘n ystydperk was, hoekom word daar nie melding gemaak daarvan in die bybel nie? Die hele aarde sou dan daarby betrokke gewees het, en nie net in gedeeltes wat nie aan die bybelskrywers bekend was nie. Waar pas die steentydperk in? En die yster en koper tydperk? Laasgenoemde 2 kan ek wel verbind met die betrokke lande wat daarmee omgegaan het, wat wel in die bybel genoem word. Maar as ek kyk, bv na die Romeine, vind ek nie dat hulle gespesifiseer word om in die yster tydperk te val nie, maar dat dit wel die geval kan wees agv hulle wapens wat hulle gebruik het.

Nou is my vraag: moet baie van hierdie goed met dieselfde minagting as Darwin se storie behandel word, en as dit tog waar was, hoekom het dit nie Israel en al die omliggende lande wat bekend was, ingesluit nie. Sou die Here dat een deel van die aarde amper uitgewis en begrawe word onder tonne sneeu, ens, wat ook die steentydperk insluit, en as ek verkeerd is, ook die yster en koper tydperk?

Ek bevraagteken nie die bybel nie; ek bevraagteken die geskiedenis wat ons geleer is.

Hoewel daar nie van bv die Vikings melding gemaak word nie, weet ons dat hulle regtig bestaan het, maar dat dit interne oorloë was wat nie van toepassing was in die omgewing waar die bybel afgespeel het nie.

Wanneer het die Christendom na Europa versprei? Ek weet dat die musketeers wat verromantiseer word, eintlik Christen vervolgers was, wat vir my ‘n aanduiding is dat die Christendom reeds na Europa versprei het. (Help my reg as ek dalk verkeerd is, asb.)

Ek weet dat daar beslis navorsing gedoen is, en dat doktorale proefskrifte uit Christelike oogpunt gedoen is, wat sekerlik feitlik korrek is. Ek weet ook van al die argeologiese ontdekkings wat gedoen is (en steeds gedoen word, wat bevestig dat die Bybel 100% korrek is)

As ek dom klink, vra ek om verskoning, maar sommige goed, uit Christelike oogpunt gesien, maak nie vir my sin nie, en dit sluit die teorie in van die dinosarrisse se verdwyning.

Ek het reeds verskeie kere met mense uit my kerkkring daaroor gepraat, insluitend my predikant, maar kon nog nooit ‘n bevredige antwoord ontvang nie.

Baie groete

Antwoord

Dr Johan Voges antwoord:

Oor die vraag van die Bybelse tyd en die van die Dinosourusse is daar baie verwarring, spekulasie en op die ou end weet ons nog steeds nie. Dis net so moeilike om te sê watter deel van die Bybel die oudste geskrif is of wat praat van dit wat in die ys-tydperk gebeur het. As jy Genesis se skeppingsverhale lees, is dit die eerste keer neergeskryf min of meer in Dawid se tyd in ± 1500 vC. Skeppingsverhale wat nie wil sê wanneer en hoe God alles gemaak het nie maar dat Hy alles gemaak het wat is … dis eerder ‘n geloofsuitspraak wat die destydse Mesopotamiese skeppingsbeskouing korregeer wat geglo het dat die maan en die son gode is wat aanbid moet word terwyl die Israeliete geglo het dat God alles gemaak het ook die groot lig (son) en die klein lig (maan) en Hy enigste God is wat aanbid mag / kan word.

Ek het op die volgende artikels afgekom wat so ‘n bietjie lig werp oor die spekulasies oor die korrelasie tussen die Bybelse tyd en die ‘ystydperk’

1.Dinosourusse (https://www.glodiebybel.co.za/dinosourusse/)

2. Wat sê die Bybel omtrent dinosourusse? Is daar enige verwysing na dinosourusse in die Bybel? (https://www.gotquestions.org/Afrikaans/dinosourusse-Bybel.html)

3. Sê die Bybel enigsins iets oor dinosourusse? (https://newearthministry.com/se-die-bybel-enigsins-iets-oor-dinosourusse/)

4. Die ouderdom van die aarde – Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/die-ouderdom-van-die-aarde-hermie-van-zyl/)

5. Ouderdom van die aarde – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/ouderdom-van-die-aarde-vraag/)

6. Die ouderdom van die aarde – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/die-ouderdom-van-die-aarde/)

7. Die wil van god vir die wêreld en vir jou Hoofstuk 1 (2) – Dionne Craffort (https://www.bybelkennis.co.za/die-wil-van-god-vir-die-wereld-en-vir-jou-hoofstuk-1-dionne-craffort/)

8. Geloofsvrae: Evolusie – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/geloofsvrae-evolusie/)

9. Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/die-groot-geloofswoordeboek-skepping-skepping-uit-niks-adam-en-eva-evolusie/)

Ek hoop dit bring ‘n bietjie meer lig oor die vraag waarmee jy sukkel.

Skrywer: Dr Johann Voges




Vraag: Wat van Ystydperk en Geskiedenis – Johann Voges

‘n Leser vra,

In geskiedenis het ek geleer van die ystydperk, en as ek reg onthou, was daar ook ander tydperke.(Ek is reeds in my 60’s, dus was dit baie, baie lank gelede). Nerêns in die Bybel is daar enige vermelding of verwysing na daardie tydperke nie. Waar kom die “geskiedenis” skrywers daaraan en is dit nie dalk ook maar ‘n storie soos die evelusie leer nie? Ek weet van die beeld van Nebukadneser, en dit skakel perfek in by die geskiedenis wat ek geleer het. (Ek het geskiedenis as matriek vak gehad)

Antwoord

Dr Johann Voges antwoord,

Ek dink dit is nogal belangrik om altyd te onthou dat die Bybel nie ‘n geskiedenis, of aardrykskunde of digbundel is nie, alhoewel iets van elkeen daarin voorkom. Die Bybel is ‘n versameling van wat en hoe mense oor duidende jare iets van die misterie van God in hulle lewe ervaar het en ook hoe mense oorvertel van wat hulle Jesus vir hulle hoor sê het. En ons glo dat hierdie ‘boodskappe’ oor deur God geinspireer is wat deur gewone mense soos ek en jy neergeskryf is.

Ek stel ook voor dat jy na ons webtuiste toe gaan (https://www.bybelkennis.co.za/) en in die soekfunksie intik “geskiedenis” en jy sal daar die volgende artikels hieroor kry…

  1. Die Christendom as Geskiedenis – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/die-christendom-geskiedenis/)
  2. God se goeie doel in die geskiedenis van die mens – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/god-se-goeie-doel-in-die-geskiedenis-van-die-mens/)
  3. Die geskiedenis van die Kerk – Is dit belangrik – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/die-geskiedenis-van-die-kerk-is-dit-belangrik/)
  4. Geskiedenis en dit wat nuut is – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/geskiedenis-en-dit-wat-nuut-is/)
  5. Geloofsvrae: Israel se siening van geskiedenis – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/geloofsvrae-israel-se-siening-van-geskiedenis/)
  6. Geloofsvrae: Menseregte: Geskiedenis – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/geloofsvrae-menseregte-geskiedenis/)

 SkrywerDr Johann Voges