Bid die Bybel teenoor die Bybel interpreteer

image_pdfimage_print

 

Repentance requires greater intimacy with God than with our sin. —Rosaria Butterfield

 

Bid die Bybel teenoor die Bybel interpreteer

Ons moenie gebedstyd met Bybelstudie verwar nie. As ons die woord van God korrek hanteer, mag  ons nie toelaat dat die teks sê wat ons graag wil hoor nie. Ons moet die God-geïnspireerde betekenisontdek. Die teks van die Bybel beteken wat God dit geïnspireer het om te beteken.

 

As ons die Bybel bid, is ons primêre aktiwiteit gebed – Bybellees is sekondêr in hierdie proses. Ons fokus is op God deur gebed. Ons bid oor elke gedagte wat by ons opkom soos ons die teks lees. Ons kom meestal na die Bybel om dit te verstaan en toe te pas. Wat doen ons as ons die Bybel bestudeer?

  • Ons span ons denke in om te verstaan wat die teks voor ons sê en beteken.
  • Ons bid: “Here, wat beteken dit. Hoe moet ek dit toepas?

 

Wat doen ons as ons die Bybel bid? Kom ons kyk na ‘n voorbeeld. Psalm 23:3 sê: Hy verkwik my siel (OAV). Een van die dinge waaraan jy kan dink is aan iemand aan wie jy die evangelie verkondig. Nou bid jy dat God daardie persoon se siel sal verkwik – dat hy van die duisternis na die lig kan beweeg. Hierdie vers gaan nie oor evangelisasie nie. Ons kan nie sê dat God se woord een ding sê terwyl dit in werklikheid iets ander sê nie. Dan gebruik ons die teks verkeerd.

 

As ek egter Psalm 23:3 bid en ek dink aan my ongelowige vriend en ek gebruik die taal van die teks – “Here verkwik my vriend se siel – is daar niks mee verkeerd nie. Ek gebruik die taal van die teks om met God te praat.

 

Op die langtermyn is hierdie gebede dikwels meer Bybels – ons vra nie dieselfde dinge oor en oor nie. die Gees van God sal die woord van God gebruik om mense te help om toenemend volgens die wil van God te bid. Is dit nie die beste manier om die Bybel te leer nie – as ek alleen met die Gees  en die Bybel is en oor die teks bid nie? Dit is die beste manier om die betekenis van die Bybel te ken en om te leer om te bid.

[Hierdie is gebaseer op Donald S. Whitney se boek Praying the Bible.]

 

image_pdfimage_print