Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Ongelooflik of Godgelooflik – Vraag
Koos Rousseau vra die volgende vraag:
Ek is nie seker of ek op die regte plek is om my mening te lug nie maar nietemin hoor my asseblief net uit! Ek beskou myself nie as n Afrikaner puris nie maar daar is ‘n ding wat my dwars in die krop steek. Ons as Afrikaners en Christene spreek onsself so maklik uit en beklemtoon tog so maklik ons sterk gevoel veral in die konteks van ons geloof deur van die woord ONGELOOFLIK gebruik te maak.
Het Jesus werklik vir die mense in die doderyk gepreek?
Sommiges wonder hier rondom die tyd van Paasfees oor die vraag of Jesus werklik vir die mense in die doderyk gepreek het.
Vreemde Vrouens in Jesus se gelagsregister volgens Matteus
Indien mens in ons tyd wil wys hoe belangrik iemand is, of as jy aansoek doen vir werk, sal jy jou CV voorlê. In jou CV vertel jy van al jou ervaringe, jou kwalifikasies, jou prestasies, ens. In die Bybelse tyd het mense hulle belangrikheid aangetoon deur middel van hulle geslagsregister.
Die Hofsaak en Jesus se Opstanding
Daar word dikwels gewonder of Jesus werklik opgestaan het. Op DSTV word veral rondom paastyd programme gebeeldsaai waar twyfel gesaai word oor die Godheid van Jesus. Daar is onder andere beweer dat in die jare 1980’s ʼn argeoloog toevallig op ʼn reeks grafte afgekom het wat die familie van Jesus s’n was. Dan word van die kiste waarin die oorskot van die oorledenes in was, gewys. Op van hierdie kiste staan onder andere in Hebreeus en Grieks “Jesus seun van Josef” en “Maria”. Hieruit word die afleiding gemaak dat Jesus en sy familie daarin begrawe is.