Category: Bybelse Temas en Sake
Die werk van die Heilige Gees (16:8-11)) – Francois Malan
16:8 Die beeld van die werk van die Heilige Gees in vv8-11 is dié van ‘n verhoor van die wêreld voor God as regter. Die wêreld verhoor Jesus en verklaar Hom skuldig: van opstand teen die Romeinse keiser (Jn 19:12) en lastering teen God (Mk 14:63-64). Maar in werklikheid is Jesus onskuldig en word die wêreld veroordeel vir hulle optrede. Die taak van die Heilige Gees is om, deur die volgelinge van Jesus, die waarheid oor Jesus aan die wêreld bloot te lê/teregwys (elengein, 1983-vertaling: skuldig bewys). Drie dinge word genoem wat die Heilige Gees aan die wêreld kom blootlê in die lig van wat God in Jesus besig is om te doen, en wat die implikasies daarvan is vir die mens: (i) sonde – die ware aard van sonde as teen die wil van God (ii) geregtigheid (dikaiosune) – hoe die verhouding met God reggemaak word (iii) oordeel – van God oor die mens se optrede.
Ananias en Saffira – Francois Malan
Jan Smith vra:
Om in almal se behoeftes te voorsien besluit die mense om hulle eiendomme en so aan te verkoop en die opbrengste na die dissipels te bring wat aan elkeen uitgedeel na behoefte. Ananias en Saffira besluit ook so maar hou ‘n sekere deel terug. Petrus raak bewus van die gekonkel en toe Ananias bevestig dat die bedrag reg is beskuldig Petrus hom dat hy vir die Heilige Gees gelieg het en hy sterf op die plek. Jong manne dra hom weg en gaan begrawe hom sondermeer. Dieselfde gebeur met sy vrou Saffira. Nou wonder ek net om welke rede hulle sonder slag of sprook begrawe is sonder dat enige familie/naasbestaandes in kennis gestel is.
Die wêreld sal hulle haat (vervolg) – Francois Malan
16:1 Jesus se doel met die bekendmaking van ‘hierdie dinge’ in 15:18-27 is dat hulle nie sal ophou om te glo wat die waarheid is, en verlei word om wat vals is te glo nie (verlei – die letterlike betekenis van skandalizomai is om in ‘n wip gevang te word, of om te laat struikel oor ‘n struikelblok, vgl. Mark.14:27; 6:61). Die Heilige Gees word juis aan hulle gegee om te volhard in die geloof in Jesus.
Die wêreld sal hulle haat (15:18-16:4a) – Francois Malan
15:18-19 Na die aanwysings vir Jesus se volgelinge se lewe met mekaar, word die blik gerig op die wêreld waarin Jesus hulle stuur om sy bediening deur hulle voort te sit. In dié twee verse kom die woord ‘die wêreld’ ses maal voor. Daarmee word verwys na die vyandige mag, die owerste van hierdie wêreld (Joh. 12:31), wat hom stel teenoor die koninkryk van die lig (vgl. die koninkryk van die Satan/Beëlsebul teenoor die koninkryk van God in Mat 12:25-28).