Category: Bybelse Temas en Sake
Paulus verduidelik waarom ‘n apostel geregtig is op die finansiële steun van ‘n gemeente
Paulus verduidelik in 1 Korintiërs 9 dat ‘n apostel daarop geregtig is om vir sy lewensonderhoud vergoed te word deur die gemeente(s) wat hy bedien. Hy gebruik voorbeelde uit die alledaagse lewe, sowel as uit die wet en tempeldiens, om dit te bevestig.
Weet wie jy is – ‘n oproep tot volharding in die Judasbrief
1. Inleiding:
Die kerk ken die eeue oue stryd om oorlewing te midde van vervolging baie goed. En hanteer dit baie goed. Dit is die subtiele dwaallering wat baie keer die kerk se grootste krisisse meebring. Dit toets die kerk se ware identiteit. In die Judasbrief word lesers gevra om hulle identiteit duidelik te ken en te leef te midde van dwaalleraars wat die kerk probeer ontspoor.
DIE NUWE VERBOND EN DIE NUWE TESTAMENT
Die Griekse woord vir verbond kom 33 keer in die Nuwe Testament voor. As Jesus die laaste maaltyd saam met sy dissipels hou, gebeur die volgende: “27Toe neem Hy ‘n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: “Drink
almal daaruit, 28want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.” (Matteus 26:27-28.
DIE VERBOND VAN ABRAHAM EN DIE NUWE TESTAMENT
a) Wat is ‘n verbond? ‘n Verbond, soos ons dit in die Bybel sien, is ‘n ander woord vir ‘n ooreenkoms, maar dan ‘n bindende ooreenkoms met sekere voorwaardes tussen twee partye – elkeen moet iets doen of het ‘n verantwoordelikheid wat vasgelê word.