Die evangelie fokus my aandag

image_pdfimage_print

 

 “Before we can sing God’s song, we must fill our lungs with grace.” —Ray Hollenbach

 

Die evangelie fokus my aandag

Hoe sal jy in lyn met God se wil kom? Watter antwoorde verwag ‘n mens op hierdie vraag? Meer wilskrag? Meer teologiese kennis? Gereelde stiltetyd? Hierdie lys gaan net aan en aan. Wat sal gebeur as jy vir Paulus vra? Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenwoordige lewe te leef (Titus 2:11 – 12). Hoe doen die evangelie dit? Deur ons aandag in drie rigtings te fokus.

  1. Die evangelie wys na bo om ons aanbidding te rig

Probleme met sonde begin nie as sonde nie, maar as aanbiddingsprobleme. Paulus verduidelik: In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel julle beelde wat lyk soos ‘n verganklike mens of soos voëls of diere of slange (Romeine 1:23). Dit beteken ons gee meer gewig aan dinge as aan God. Ons moet dit wat ons aanbid verander. Net die evangelie kan dit doen. Dit wys vir ons na bo – na God wat heerliker is as enige van ons patetiese afgode.

 

  1. Die evangelie wys na agter en herstel so ons dankbaarheid

Al weet hulle van God, sal hulle Hom nie as God eer en dank nie (Romeine 1:21) Ondankbaarheid. As jy ondankbaar is, ontneem jy iemand van die heerlikheid wat hom toekom. Jy is oortuig dat jy alleen net so goed sou kon regkom. Ondankbaarheid beteken dat ons God van sy heerlikheid ontneem en dat ons glo dat ons selfversorgend is. Ons vergeet dat alles wat ons het van God af kom. Hierdie ondankbare gees lei tot bitterheid, trots en nog ander sondes.

 

  1. Die evangelie wys na vore en verhoog ons verwagtings

In die evangelie sien ons die toekoms wat God vir ons beplan; dat ons Hom eendag van aangesig tot aangesig sal sien; dat ons sondes eens en vir altyd verwyder sal word.

 

Die evangelie wys ons na bo na ‘n God wat Homself vir ons gegee het; terug na die prys wat Hy vir ons sondes betaal het; vorentoe na wat Hy besig is om ons te maak. Godsdiens, daarenteen, wys na binne – na ons mislukkings. Godsdiens sê ons moet harder probeer.

“When I thought God was hard, I found it easy to sin; but when I found God so kind, so good, so overflowing with compassion, I smote upon my breast to think that I could ever have rebelled against One who loved me so, and sought my good.” (Charles Spurgeon).

 

image_pdfimage_print