Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (7)

image_pdfimage_print

God chooses us not because he foresees that we will choose him but in order that we would choose him. –BurkParsons

 

Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (7)

Dallas Willard, Professor aan die University of Southern Califonia se School of Philosophy en leraar in die Southern Baptist Church, het ‘n belangrike boek geskryf: The Spirit of the Disciplines. [Hy is onlangs oorlede.] Ek gaan baie op hierdie boek staatmaak in hierdie reeks oor geestelike dissiplines.

Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe (1 Timoteus 4:7). Hierdie is ‘n fundamentele tema van Paulus se lewe en geloof. Hoe het hy in toewyding aan God gelewe? Was dit net ‘n verhewe konsep sonder werklike betekenis? Of is dit optrede wat in definitiewe terme verstaan kan word? Kom ons kyk van nader na Paulus se lewe.

 

Paulus was prakties. Hy vertel vir sy seun in die geloof, Timoteus, wat hy moet doen om as leier van God se mense te slaag. Hy gebruik hier ‘n woord waarvan ons gimnasium afgelei is. Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe (1 Timoteus 4:7). Timoteus moet werk in die geestelike gimnasium. Paulus sê dat om jou liggaam te oefen, het wel ‘n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat ‘n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.

Fisiese oefening is iets wat Paulus hulle goed verstaan het. Almal het geweet van die belang van fisiese oefening vir die verbetering van ons fisiese kragte. In sy raad aan Timoteus sê Paulus daar is ‘n parallelle fenomeen in die geestelike sfeer. Net soos met die fisiese is daar spesifieke aktiwiteite wat ons moet doen om ons geestelike krag te vestig, in stand te hou en te versterk. Ons moet oefen en probeer. Praat wen nie ‘n wedloop nie. Maar as ons oefen moet ons wyslik en intens oefen.

Dit was nie nodig vir Paulus om hierop uit te brei nie, want dit is algemeen deur die ontwikkelende Christelike kerk en die omliggende kultuur – Joods, Grieks en Romeins – aanvaar. Mense het geweet dat liggaam en gees gedissiplineer moet word as ons ‘n ordentlike individuele en sosiale bestaan wil hê.

Waar het ons die idee gekry van doen net wat vir ons goed voel? Ons leef in ‘n “voel goed” gemeenskap wat deur die huidige kultuur en baie van die populêre godsdienste van vandag gepaai word. Wat is vandag die standaard van sukses wat op eredienste toegepas word? Mense voel goed na die diens. Daarom kan ons nie aanvaar dit wat Paulus en sy tydgenote as ‘n lewensfeit aanvaar het nie. Dwelms is endemies weens die kultuur imperatief om goed te voel.

Volgende keer gaan ons kyk na die noodsaaklikheid van dissiplinering van ons begeertes en gevoelens.

image_pdfimage_print