Die laaste tikmasjien

image_pdfimage_print

Fallacies do not cease to be fallacies because they become fashions. —G.K. Chesterton

Die laaste tikmasjien

Volgens die Financial Times is die laaste tikmasjien gemaak deur die laaste fabriek wat nog tikmasjiene gemaak het, verlede naweek geproduseer. Dit is ‘n hartseer dag vir ons ouer mense.

Die koerant sê: Touchscreens may look stylish but are perceptually one-dimensional. They will never sport the typewriters’ spirited pushback to the finger’s touch, the imperious clackety-clack sound of the keys, the inky smell.”  In die 1940’s het hulle ‘n stil tikmasjien gemaak – ‘n totale mislukking.

 

Almal van ons is beïndruk met al die nuwe dinge – rekenaars, iPads, ens. Hulle het sekerlik baie voordele. Frederick  Forsyth, die bekende skrywer, sê (en dit geld vir almal van ons wat voor die tyd van rekenaars geleef het):  ‘Have you ever tried to hack into my typewriter? It’s very secure.’ And no one using a mechanical typewriter has ever been driven to alt-control-delete, the last hope of the hopeless.” Hiermee kan ek my vereenselwig.

 

Vooruitgang. Nog ‘n tyd wat verby is. Onvermydelik, maar hartseer.

 

 

image_pdfimage_print