Die seënuitsprake van Jesus (2)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (2)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe, wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

Die  seënuitsprake vertel vir ons hoe ‘n ware Christen lyk. Ons ken ‘n geelvink aan sy kleur. Die geel kleur maak nie van hom ‘n geelvink nie. Hy is geel omdat hy ‘n geelvink is. Die natuur gee aan hom sy kleur en sy kleur weerspieël sy natuur. ‘n Christen word herken deur die onderskeidende tekens bepaal deur Jesus: God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God (Romeine 5:1 – 2). Staan in die genade is waar ons aan die begin en ook aan die einde van ons reis as Christene staan. Jy is afhanklik van God se genade op die eerste dag en die laaste dag van jou lewe as Chisten.

Om in genade te staan en om te streef na groei hoort bymekaar. If we do not imitate His ( = Christ’s) life, we cannot be saved by His death (Thomas Watson). Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ‘n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie (Hebreërs 12:14). Jesus Christus het vir ons geword die wysheid wat van God af kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing (1 Korintiërs 1;30).  As jy Christus aanneem , kry jy meer as verlossing. Christus is jou heiligmaking, jou wysheid en jou verlossing. Hy gee nooit die een sonder die ander nie. Christus is die mega-gawe en Hy bevat al hierdie ander gawes in Homself. Met Hom het jy al hierdie gawes en sonder Hom het jy niks nie. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie (1 Johannes 5:12). God gee een gawe aan ons: Jesus Christus. Hy is al wat ons nodig het. Ons word in Christus met elke geestelike seën geseën.

As wanhoop naby is

As jy jouself in die lig van die seënuitsprake bestudeer, voel jy asof jy oorweldig is Dit is jammer. Jy moet weet hoe om die waarheid aangaande jouself te hanteer sonder om wanhopig te word. As die Heilige Gees sy verlossingswerk in jou lewe begin, open Hy jou oë en jou ore vir die waarheid. So word jy oortuig van jou sonde, ongeregtigheid en oordeel. As jy oortuig word van jou sonde, besef jy hoe ver jy tekortskiet in die lewe waartoe God jou geroep het. Omdat jy nou hierdie dinge sien, klou jy vas aan Christus.

Klou vas aan Christus

Hoe hanteer ons die ontmoediging as gevolg van ons gebrek aan vordering. As ons dit besef moet ons vaster en met groter dankbaarheid en blydskap aan Jesus Christus vasklou en aan dit wat Hy aan die kruis vir ons bereik het. Wees dankbaar dat die rede waarom jy jou sondes duideliker en self pynliker raaksien, is dat die Heilige Gees in jou woon.

 

image_pdfimage_print