Ek is besig

image_pdfimage_print

When thou sleepest, think that thou art resting on the battlefield; when thou walkest, suspect an ambush in every hedge. —C.H. Spurgeon

Ek is besig

Tim Kreider het in die New York Times (30 Junie 2012) ‘n artikel (The Busy Trap) geskryf. Die moeite werd om te lees.

Hy sê dat ons gedurig by mense hoor dat hulle baie besig is. Spog hulle of kla hulle? Maar dit is nie wat ons van die lewe verlang nie, maar dit is iets wat ons op mekaar afdwing. Meestal aanvaar mense werk en verpligtinge vrywillig. Hulle moedig hulle kinders aan om allerhande klasse en aktiwiteite by te woon.  Hulle is besig, want hulle is verslaaf aan besig wees. Dit is hulle eie ambisie wat hulle dryf.

Vandag voel mense angstig en skuldig as hulle nie werk nie. Selfs kinders se skedules is oorvol. Dit is nie ‘n onvermydelike toestand nie – dit is iets wat ons self gekies het. Dikwels aanvaar mense dat dit hulle persoonlikheid is, maar dit is ‘n gevolg van die omgewing waarin ons woon.

Hoekom doen ons dit? Dit is ‘n beskermingsmeganisme teen leegheid. Jou lewe kan tog nie sonder sin wees as jy so besig is nie – ons wil voel ons is onmisbaar. Eintlik mislei ons onsself. Baie van dit wat ons doen, maak nie werklik saak nie. Dit laat ons egter belangrik voel.

Om soms niks te doen nie, is belangrik. Ons moet soms terugstaan van die lewe en dit in sy geheel sien. Dit is in hierdie “niksdoen tye” waar ons weer inspirasie kry. Baie van die wêreld se grootste ontdekkings het juis gekom in tye waar niks gedoen is nie.

Die beste belegging wat jy kan maak, is om tyd met vriende te spandeer. Die lewe is te kort om besig te wees!

Sekerlik ‘n bietjie tong in die kies, maar tog is hier heelwat waarheid in hierdie artikel. Om besig te wees, is ‘n keuse wat ons self maak, maar in die proses offer ons baie op – veral verhoudings … met ons eggenotes, kinders en vriende en veral met God. Ons kan maar ‘n bietjie minder besig wees.

image_pdfimage_print