Ek kan God nie verstaan nie

image_pdfimage_print

If you don’t know God as beautiful and satisfying, you don’t know him.” – John Piper

 Ek kan God nie verstaan nie

‘n Amerikaanse student vra vir die bekende Switserse teoloog, Karl Barth, wat die diepsinnigste ding is wat hy in sy studie van die teologie nog ooit geleer het. Sy antwoord: Jesus loves me, this I know, for the Bible tells me so. Gou besef die studente dat Barth ernstig was.

 

Barth gee ‘n eenvoudige antwoord op ‘n baie diepsinnige vraag. Hiermee vestig hy die aandag op twee belangrike sienings:

  • In die eenvoudigste Christelike waarheid skuil daar ‘n diepsinnigheid wat teoloë lewenslank kan besig hou; en
  • Al is ons teologies hoe gesofistikeerd styg ons nie werklik bokant die vlak van ‘n kind se verstaan van die geheimsinnige dieptes en rykdom van God se karakter nie.

 

 

Geen mens het die vermoë om God volledig te verstaan nie.  Ons is mense met grense terwyl God onbegrens is. Ons as begrensde mense kan nie die onbegrensde God verstaan nie. Dit beteken nou nie dat ons niks van God kan verstaan nie. Dit beteken wel dat ons kennis slegs gedeeltelik is. Die kennis wat God aan ons deur sy openbaring oordra, is werklik en bruikbaar. Ons ken God tot die mate waartoe Hy Hom aan ons openbaar. Daar is altyd meer aan God as wat ons kan verstaan.

 

Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag (Deuteronomium 29:29). Ons moet dus leef in die lig wat God aan ons geopenbaar het.

 

image_pdfimage_print