Esegiël – Jan van der Watt

image_pdfimage_print

Esther vra:

Goeiedag! Ek het ‘n Bybelstudiegroep en moet navorsing doen oor boeke wat ons behandel of ‘n studiegids gebruik aangesien ek nie oor genoeg kennis beskik nie. Ons vind die Bybelkennis oor Romeine baie leersaam en verstaanbaar. Die volgende boek wat ons wil behandel, is Esegiël. Ek kry egter nie genoeg inligting daaroor nie. Is daar enige literatuur of Youtube besprekings wat jul kan aanbeveel asseblief?

Antwoord

Prof Jan van der Watt antwoord:

Dankie vir jou epos en ek hoop dit gaan sommer goed met julle Bybelstudiegroep. Esegiel is ‘n moeilike boek en daar is nogal baie vreemde teoriee oor die boek veral van mense wat dit (veral die profesiee) direk op vandag wil toepas.Wees baie versigtig daarvoor, veral op Youtube. As julle voel die persoon pas die dinge en profesiee sommer op vandag toe en maak allerhande teoriee, los dit dan maar liewer. ‘n Mens moet probeer om die boek eers in sy konteks van destyds te probeer verstaan. Daarom is dit belangrik om die omstandighede en tyd van skrywe mooi in gedagte te hou.  Ek gee maar ‘n paar wenke. a) Biblehub.com het nogal handige inligting. b) as een van julle Die Bybel A-Z of die Eenvolumekommentaar (Bybelenium) het, is daar bruikbare inligting in. c) Op Youtube is daar ‘n mooi beskrywing van Esegiel wat die loop van die boek beskryf: dit is ‘Oorsig: Esegiel 1-33 en deel 2 34-48. Ek hoop dit help ‘n bietjie.

Skrywer:  Prof Jan van der Watt

image_pdfimage_print

You may also like...