Geestelike vorming: Wat is dit?

image_pdfimage_print

 

God is well pleased when all our actions proceed from love, love to Himself, and love to immortal souls. George Whitefield
Geestelike vorming: Wat is dit?

Diane Chandler (Christian Spiritual Formation: An Integrated  Approach for Personal and Realational Wholeness) definieer geestelike vorming soos volg: ‘n Interaktiewe proses waardeur God die Vader gelowiges vorm na die beeld van sy Seun, deur die bemagtiging van van die Heilige Gees deur ontwikkeling in sewe primêre lewensdimensies – gees, emosies, verhoudings, intellek, roeping, fisiese gesondheid en rentmeesterskap van hulpbronne – te bevorder.

 

Hoe lyk dit in die praktyk?

  • As gevolg van God se bedoeling, moet die liefde van God ontvang en oorgedra word. (Betuig julle liefde vir Hom, julle almal wat die guns van die Here geniet. Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is, maar dié wat teen Hom opstandig is, straf Hy swaar – Psalm 31:24). Hoe doen ons dit? God het ons geroep om verenig met sy Seun, Jesus Christus, te leef (1 Korintiërs 1:9), en met ander lede van die liggaam van Christus. (Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus Christus, sy Seun, ons van elke sonde (1 Johannes 1:7).
  • Ons verheerlik God deur rentmeesters van al ons lewensdimensies te wees. Dit beteken ons is sy ambassadeurs in ‘n stukkende wêreld. Ons kan alleenlik doeltreffende rentmeesters wees deur sy genade.
  • Hierdie proses begin deur te erken dat Jesus vir ons sondes gesterf het; Hy het die prys vir ons ewige verlossing betaal. Ons ontvang Hom in geloof as ons persoonlike Verlosser en Here.
  • Daarna begin die herstelproses om meer en meer soos Jesus te word om Hom so te verheerlik. Hierdie herstelproses begin in die sewe lewensdimensies.

 

Sentraal in ons verstaan van hierdie proses staan God se liefde. God is die oorsprong van alle liefde. Hy het dit vir ons aan die kruis geopenbaar. Ons verheerlik God deur onsself vir sy ontwil – en die ontwil van ander – te verloor. Goddelike liefde beteken ek gee aan ander.

 

 

image_pdfimage_print