Het ons ons godsdiens afgewater? Die Kerk (4)

image_pdfimage_print

Jesus gave his life for me, to take my life from me, to live his life through me. —Alistair Begg

Het ons ons godsdiens afgewater?  Die Kerk (4)

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

In 1 Korintiërs 5 verwys Paulus na verregaande onsedelikheid in die gemeente. Dan vra hy vir die gemeente: Moes julle nie liewer daaroor getreur het nie? So sou julle die man wat so iets gedoen het, uit julle kring verwyder het.

Wat baie interessant is, is dat Paulus die lidmate van die gemeente aanspreeklik hou – daardie man se sonde is die gemeente se probleem en die gemeente moet dit hanteer.

In die kerk is ons veronderstel om vir mekaar te sorg. Ons woon nie net een maal per week ‘n erediens by en sing saam ‘n paar liedere nie; ons is verantwoordelik vir mekaar. Jesus sê nie dat die kerk ‘n omgewing moet skep waarin almal baie gemaklik is nie. In Matteus 18 maak Hy dit baie duidelik dat die kerk die plek is waar die sonde ernstig en openlik gekonfronteer word. Ons sien selfs dat twee mense – Ananias en Saffira – sterf omdat hulle oor die verkoopprys van die eiendom terug gehou het en daaroor gelieg het.

Net ‘n paar verse later lees ons: Tog is baie mense wat in die Here geglo het, mans sowel as vrouens, algaande by hulle getal gevoeg (Handelinge 5:14). Die kerk groei omdat Jesus se dissipels erns maak om die geregtigheid van God te weerspieël en sy heiligheid te eer. Daar is een baie belangrike beginsel wat hier uitstaan: God se genade moet aan die hart van kerkdissipline lê.

Volgende keer kyk ons verder na die kerk.

image_pdfimage_print

You may also like...