Het ons ons godsdiens afgewater? Gaan ons uit as dienaars of kinders?

image_pdfimage_print

Calvary shows how far men will go in sin, and how far God will go for man’s salvation. —H.C. Trumball

Het ons ons godsdiens afgewater? Gaan ons uit as dienaars of kinders?

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

In die hele Ou Testament lees ons net 15 maal van God as Vader; in slegs die vier evangelies word God165 maal as Vader aangespreek.

Jesus gebruik die woord veral waar Hy sy dissipels geleer het. Hy leer hulle selfs bid: Ons Vader … Die volgelinge van Jesus het die wonderlike voorreg om God as ons Vader aan te spreek.

Verander die feit dat ons weet dat God ons Vader is ons lewens? Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook (1 Johannes 3:1). As ons Vader vergeef, onderhou, vertroos, reinig, dissiplineer, roep God ons. As Vader het Hy ons lief en belowe aan ons ‘n wonderlike erfenis. Dit is vir ons baie moeilik om te glo dat God ons liefhet. Hoekom sou Hy nou vir ons liefhê? Omdat ons sy kinders is. Hy het ons kom haal; Hy het ons as sy kinders aangeneem, want Hy wou ons gehad het. Hy maak ons sy kinders sodat ons Hom as Vader kan leer ken.

image_pdfimage_print