Hoe kry ek wysheid? (6)

image_pdfimage_print

Hoe kry ek wysheid? (6)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie (Spreuke 3:5).

Spreuke hoofstuk 3 noem ses dinge wat as tekens van ‘n wyse man kan geld. Terselfdertyd is dit die maniere om in wysheid te groei. Die eerste een is: Vertrou op die Here. Jy kan in die Here glo en steeds op iets anders vertrou  vir jou betekenis en blydskap. Dit is dan jou ware God. Jy kom dit nie agter nie. As daar ‘n krisis ontstaan besef jy hierdie ding is vir jou belangriker as die Here.

Wat het dit nou met wysheid te doen? Alles. Daar is baie emosie om daardie dinge waarop jou hart vertrou. Dit kan jou beroep, geld, gesin of ‘n romantiese verhouding wees. Jy sal buitengewoon kwaad of angstig of wanhopig wees as enigiets dit bedreig. Jou oordeel word benewel, jou siening van jouself en die wêreld is beneweld. Afgode in die hart lei tot dwaasheid. Die geneesmiddel vir hierdie afgode is die evangelie. Ons hoef ons nie dur werke te regverdig nie.

Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo.  God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek, vanweë die verlossing van Jesus Christus (Romeine 3:21 – 24)

Toe die Israeliete tot die Here gebid het vir hulp het Hy nie gereageer nie. Maar dan lees ons: Hulle het toe die ander gode tussen hulle uit verwyder en hulle het die Here gedien, en hy het ‘n end gemaak aan hulle swaarkry  (Rigters 10:16)

image_pdfimage_print