‘n Nuwe Kategismus: Vraag 19

image_pdfimage_print

 “Prayer is a venting of our desires to God…” – Richard Sibbes, 

 

n Nuwe Kategismus: Vraag 19

Vraag:

Is daar enige manier om vry te kom van die straf en weer God se guns te wen?

 

Antwoord:

Ja, om aan sy geregtigheid  te voldoen, het God self uit genade, ons met Homself versoen en ons van sonde en die straf vir die sonde verlos deur ‘n Verlosser.

 

 

 

Teksgedeelte:

Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy ‘n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik. Na sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak; hy sal die straf vir hulle sonde dra (Jesaja 53:10 – 11)

 

Kommentaar:

Is daar enigiets wat Christene op aarde en in die hemel kan vind wat waardig is om die voorwerp van hulle liefde en bewondering te wees, hulle opregte begeertes, hulle hoop en vreugde en hulle ywer, as daardie dinge wat vir ons in die evangelie van Jesus Christus voorgehou word. Daar word die dinge wat werd is om ons te beïnvloed, genoem – so aangebied dat hulle ons moet beïnvloed. Die heerlikheid en skoonheid van God, is waardig om ons voorwerp van bewondering en liefde te wees, en skyn in al sy heerlikheid in die evangelie. God skyn in die gesig van ‘n mensgeworde, oneindig liefdevolle, sagte Verlosser vol deernis wat gesterf het. Al die deugde van die Lam van God – sy nederigheid, sy geduld, sy sagtheid, sy onderwerping, sy gehoorsaamheid, liefde en deernis –  is duidelik vir ons om te sien op ‘n wyse wat ons in liefde dwing om te reageer.

 

Hierdie kommentaar is deur Jonathan Edwards (1703–1758) geskryf. Hy was ‘n koloniale Amerikaanse prediker en filosoof. In 1726 word hy die pastor van ‘n gemeente in Northampton, Massachusetts. Hy is veral bekend vir sy beroemde preek:  “Sinners in the Hands of an Angry God” sowel as vir die baie boeke wat hy geskryf het – insluitend The End For Which God Created the World en A Treatise Concerning Religious Affections. Hy sterf as gevolg van ‘n inenting teen pokke kort nadat hy die president van die College of New Jersey (later Princeton Universiteit) geword het.

Hierdie kommentaar kom uit: A Treatise Concerning Religious Affections (Philadelphia: James Crissy, 1821), 48–49.

 

Verdere leesstof:

 “Obedience” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed:

O Here, dat U so geduldig is en so vol verdraagsaamheid om my nie onmiddellik na die hel te stuur nie. Maar, o Here, dat U selfs verder gaan en my sondes uitwis. Here, wat sal ek sê dit is? Dit is die vrye genade van God. Dit is so groot dat ek dit nie verstaan nie.

 

Hierdie gebed  is deur John Owen (1616–1683), ‘n Engelse Puriteinse teoloog, geskryf.  Hy gaan na Oxford Universiteit toe hy slegs 12 jaar oud was; hy kry sy M.A. graad toe hy slegs 19 jaar oud was. Later word hy as Vise-Kanselier van Oxford aangestel Hy preek in die Parlement die dag na Koning Charles I se teregstelling. Hy vervul die taak sonder om na die gebeurtenis te verwys.Hy het baie boeke geskryf insluitend geskiedkundige verhandelings en verskeie boeke oor die Heilige Gees.

Hierdie gebed kom uit sy preek: “A Vision of Unchangeable Free Mercy” in The Works of John Owen, geredigeer deur Thomas Russell, Volume 15 (London: Richard Baynes, 1826), 37.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.

 

image_pdfimage_print

You may also like...