Prof. Adrio König

image_pdfimage_print

Prof. Adrio König

Nuutdenkend. Voorloper. ‘n Man met visie. Dit is van die gedagtes wat by ‘n mens opkom as jy aan professor Adrio König dink. As sistematiese teoloog en dosent, plaaslik en internasionaal, het hy al verskeie gewilde publikasies en artikels die lig laat sien.

Aangesien hy ook deurlopend betrokke is by prediking en Bybelstudie in verskeie gemeentes het professor Adrio ‘n baie goeie idee van dit waaroor die moderne Christen wonder. Hy is self ook daarop ingestel om nuwe perspektiewe te ontdek en het daarom uitgebreide navorsing gedoen oor sleutelaspekte van die Christelike geloof. Hieruit is Die Groot Geloofswoordeboek gebore, ‘n unieke publikasie wat nie soos bestaande woordeboeke interessanthede in die Bybel behandel of teologiese probleme verklaar nie, maar eerder moeilike begrippe op ‘n maklike wyse verduidelik. Dit fokus op kernbegrippe wat belangrik is vir geloof. Op ‘n eerlike en gebalanseerde manier word verskeie sake vanuit verskillende hoeke bespreek, soos: Hoe werk uitverkiesing? Wat is doop met die Heilige Gees? Wat word bedoel met die voorspoedsevangelie?

Die inhoudsopgawe is tweeledig omdat dit ook as indeks kan dien, en die kruisverwysingsisteem is spesiaal ontwerp vir lesers wat dieper wil delf.

Met meer as 500 geloofswoorde in alfabetiese volgorde is Die Groot Geloofswoordeboek die ideale naslaanbron oor die sentrale woorde van die Christelike geloof, en sal lesers se geloofslewe oneindig verryk

 

image_pdfimage_print

You may also like...