PSALM 6 (3)

image_pdfimage_print

 

PSALM 6 (3)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

 

36:6 – 11: God.

6Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke,

7u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see. U sorg vir mens en dier, o Here.

8Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil.

9In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.

10U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.

11Laat u liefde bly by dié wat U erken en u trou by dié wat opreg is.

 

Lynreg teenoor die kwaad van die goddelose staan die goedheid van God. Sy liefde en trou reik tot in die wolke; sy reg en geregtigheid is dieper as die see; die Here sorg vir al wat lewe; Hy beskerm gelowiges teen hulle vyande; Hy laat hulle eet en drink uit die oorvloed van sy genade. Hy is vir hulle die bron van die lewe. Lewe kom net van God af – sy lig is lewe. Daarom bid die psalmis: Laat u liefde bly by dié wat U erken en u trou bly by dié wat opreg is. God se trou en liefde bly vir altyd en is oral.

 

Anders as die opstandige het die gelowige niks oor homself te sê nie. Om die waarheid te sê Here is die eerste woord in hierdie gedeelte.

 

36:12 – 13: Die gelowige se gebed.

12Laat my nie onder die voete van eiegeregtige mense beland nie,

moenie dat goddeloses my hier wegdryf nie!

13Dié wat altyd onreg doen, val net daar waar hulle is;

hulle word platgeslaan en kan nie weer opstaan nie.

 

Na sy vergelyking tussen God en die goddelose bid die gelowige tot God vir sy liefde en trou. Hy vra dat God hom nie aan die goddeloses se genade moet oorlaat nie. Hy sluit sy gebed af met ‘n oordeel oor die goddeloses: Hulle sal val net daar waar hulle is; hulle word platgeslaan en kan nie weer opstaan nie.

 

Hierdie verse kan as ‘n koor beskou word – die gemeente se reaksie op die voorafgaande. Ek het ‘n keuse:

  1. Ek kan my skaar by die goddeloses en dié wat onreg doen. Dit beteken opstand teen God en ondergang; of
  2. Ek kan na die woord van God luister en sy dienaar wees. Dit hou by alles wat goed is, want God is die bron van lewe. Deur Hom lewe die mens.

 

image_pdfimage_print