Spanning is deel van ons lewens

image_pdfimage_print

God examineth with trials, the devil examineth with temptations, the world examineth with persecutions. —Henry Smith

 

Spanning is deel van ons lewens

Spanning is deel van die lewe. Dit kan egter baie nadelig vir ons gesondheid – emosioneel, geestelik en fisies – wees. Elkeen van ons moet leer hoe om spanning in ons lewens te hanteer.

Frank Viola, bekende skrywer, het tien maniere ontdek om spanning te hanteer. Elkeen moet natuurlik uitwerk wat vir hom sal werk. Hier is sy lysie:

  • Haal diep asem – ses maal.
  • Draai na die Here  en gee al jou laste vir Hom: Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom … Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer of wat julle omkrap na God toe, want Hy self is die Een wat vir julle sorg (1 Petrus 5:6 – 7). Die psalmis sê dieselfde: Los jou bekommernisse in die Here se hand! Hy sal vir jou sorg! Hy sal niemand wat Hom dien, ooit in die steek laat nie (Psalm 55:23).
  • Oefen – van stap tot hardloop – enige soort oefening.
  • Drink baie water  – agt glase per dag is jou mikpunt.
  • Moenie bang wees om vir mense se versoeke en eise  “nee” te sê as dit  met jou prioriteite bots nie. Maak seker dat jy tyd vir afsondering en nadenke het.
  • Luister na musiek wat jou gelukkig maak.
  • Gaan fliek.
  • Doen dinge wat jou laat lag: Vreugde en geluk is goed vir jou gesondheid. Depressie kan jou knak (Spreuke 17:22).
  • Praat met ‘n vriend wat jy vertrou en stort jou hart teenoor hom uit.
  • Eet gesond – baie vrugte, groente en neute elke dag.

 

Wat doen jy om jou spanning te verlig? Werk vir jou ‘n roetine uit wat jou pas.

image_pdfimage_print