Stefanus word gevange geneem – Francois Malan

image_pdfimage_print

Liesl vra:

In watter stad/dorp is Stefanus gevange geneem????

Antwoord

Prof Francois Malan antwoord:

Toe daar in die gemeente in Jerusalem klagtes van die Griekssprekende weduwees gekom het, is sewe mans uit die gemeente gekies om die apostels te help. Stefanus was een van hulle (Handelinge 6:5). Toe hy egter in die Joodse sinagoge van die Libertyne in Jerusalem met hulle begin redeneer het, het hulle hom by die Joodse Raad gaan aankla, wat hom verhoor het (Hand 6:6-15). Nadat hy die Joodse Raad toegespreek het (Hand 8:1-53) was hulle briesend kwaad vir hom; hulle het hom uit die stad Jerusalem gesleep en hom gestenig (Hand 7:58).

Skrywer: Prof Francois Malan

image_pdfimage_print

You may also like...