Tagged: Abraham

image_pdfimage_print

Abraham en sy Nakomeling

Abraham en sy Nakomeling – Marius Nel

Ewald vra:

Ons lees in Galasiërs 3: 16 ” God het Sy beloftes aan Abraham en aan Sy Nakomeling gegee” en die teksverwysings onderaan die bladsy van my Bybel verwys na vier gedeeltes in Genesis: 12:7, 13:15, 17:7, en 24:7. Blaai ek na hierdie tekste dan sien ek die woord “nageslag” en nie nakomeling nie. Hoe ek ook al na hierdie tekste kyk, slaag ek nie daarin om oortuig te word dat hulle na Christus verwys nie, trouens, hulle verwys [behalwe vir 17:7] baie duidelik na God se belofte van die land [Kanaän?].

Abraham se offer

Abraham se offer – Marius Nel

Paul vra:

As mens Genesis 15:10-17 lees, en ook Esegiël 43:25 sien mens die ooreenkoms tussen die verbond en die tempel seremonie. In Esegiël 46:12 word gepraat van die regeerder wat vrywillig kan offer, is hierdie regeerder Jesus? M.a.w. het hierdie gedeelte van Esegiël, `n duidelike verband tussen God se verbond met Abraham en Jesus se nuwe bedeling? `n Ander opmerking: in Esegiël word hier gepraat van die regverdigheid ten opsigte van maatstawwe. Kan mens sê dat die maatstaf van die nuwe Jerusalem in Openbaring, `n simbool is van die feit dat almal met dieselfde maatstaf gemeet word?

image_pdfimage_print