Tagged: lewe

image_pdfimage_print

Aborsies in Suid Afrika

Aborsies in Suid Afrika – Coen Slabber

Die International Conference on Population Development van die Verenigde Nasies (Kaïro, 1994) het onveilige aborsies as ʼn belangrike gesondheidsrisiko erken. [ʼn Onveilige aborsie is ʼn aborsie gedoen deur ʼn persoon wat nie opgelei is nie of ʼn aborsie gedoen onder onhigiëniese toestande – gewoonlik buite ʼn hospitaal. Daarom staan dit ook as “agterstraat aborsies” bekend.]

Aborsie: Die Bybel en Aborsie

Aborsie: Die Bybel en Aborsie – Coen Slabber

In die inleidingsartikel oor aborsie het ons reeds na twee groot groepe verwys: diegene wat glo dat die vrou die reg het om te kies of sy met haar swangerskap wil voortgaan of nie (pro-keuse) en diegene wat glo dat die staat aborsie moet verbied (pro-lewe). Die interessante is dat beide hierdie groepe die Bybel gebruik om hulle standpunte te verdedig. Maar wat sê die Bybel oor aborsies?

Aborsie: Aborsie in Antieke Tye

Aborsie: Aborsie in Antieke Tye – Coen Slabber

[Aborsie = uit Latyn – ab­ – weg; oriri – gebore word.]

In die vorige artikel het ek ʼn algemene inleiding oor die onderwerp gegee. Nou kyk ons na aborsie in antieke tye. In ons volgende artikel gaan ons kyk na wat die Bybel oor aborsie sê. In hierdie artikel is daar dus nie verwysings na Bybelverse nie. Dit kom volgende.

Aborsie: Inleiding

Aborsie: Inleiding – Coen Slabber

Daar is veral twee vrae wat die aborsiedebat oorheers:

(1)    Is aborsie ʼn morele besluit vir ʼn individuele vrou gegewe haar spesifieke omstandighede? Hierdie omstandighede mag wees haar godsdiens, ouderdom, huwelikstatus, gesondheid, ekonomiese status, ondersteuningstelsel, ens. As ʼn vrou swanger is en sy wil nie wees nie, wat is die beste oplossing vir haar, die pasgeborene en ander mense betrokke (ouers, eggenoot, ens). Sy het basies drie keuses:

image_pdfimage_print