Wat is liefde en hoekom maak dit ons bang?

image_pdfimage_print

Wat is liefde en hoekom maak dit ons bang?

In ‘n wêreld vol aaklige gebeure het ons baie liefde in ons lewens nodig. Liefde vul ons grootste verlangens en begeertes. Tog, in die praktyk, is onvoorwaardelike liefde een van die moeilikste dinge om te glo. Hoekom? Omdat ons nie werklik verstaan wat liefde is nie.

 

Liefde is meer as ‘n gevoel. Dit is meer as verliefdheid en wellus. Liefde is ‘n onfeilbare toewyding aan iemand anders. Dit is ‘n werkwoord. Dit is toewyding om kwesbaar te wees – en dit maak ons bang. Om jou aan liefde toe te wy is om in jouself te sterf deur volkome kwesbaar en oop te wees.

To love is to be vulnerable (C.S. Lewis, The Four Loves)

 

Om lief te hê is om kwesbaar te wees. As jy its lief het, kan jou hart moontlik gebreek word. As jy wil seker maak dat dit nie gebeur nie, moet jy jou hart aan niemand gee nie. Liefde is die radikale toewyding om nooit toe te laat dat die gebrokenheid van ander ons begeerte en optrede om te gee en om op te offer ondermyn nie. Liefde faal nooit nie.

 

In ons verbruikersamelewing sien ons ander in terme van ‘n kontrak – hoe kan ek ‘n wins maak. Onvoorwaardelike liefde maak dus nie vir ons sin nie. Dit ondermyn wat ek uit die transaksie maak.

“The love of God does not find, but creates, that which is pleasing to it.” (Marin Luther) God het ons liefgehad, want Hy is liefde. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was (Romeine 5:8).

 

God is die oorsprong en oorsaak van liefde, want Hy is liefde: ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19). Al God se optrede is liefdevolle optrede. Liefde is nie ‘n abstrakte beginsel of deug nie. Liefde is persoonlik. God se liefde agtervolg ons en gee aan ons lewe. Onvoorwaardelike liefde klink onlogies.

.

God, who needs nothing, loves into existence wholly superfluous creatures in order that He may love and perfect them. He creates the universe, already foreseeing–or should we say ‘seeing’? there are no tenses in God–the buzzing cloud of flies about the cross, the flayed back pressed against the uneven stake, the nails driven through the mesial nerves, the repeated incipient suffocation as the body droops, the repeated torture of back and arms as it is time after time, for breath’s sake, hitched up. If I may dare the biological image, God is a ‘host’ who deliberately creates His own parasites; causes us to be that we may exploit and ‘take advantage of’ Him. Herein is love. This is the diagram of Love Himself, the inventor of all loves (C. S. LwisThe Four Loves).

 

Mense vrees die kwesbaarheid, maar God vrees dit nie. In sy hele wese is Hy liefde. God se reaksies is altyd in ooreenstemming met sy liefde. Hulle is volmaakte uitdrukkings van sy trou en wonderlike liefde. Die probleem is as ons, in die teenwoordigheid van die liefdevolle God, nie ander liefhet nie.

 

Jesus Christus was di kwesbaarste mens wat daar nog ooit was. Hy breek ons selfsugtigheid en trots deur sy uiterste vernedering. Sy liefde gaan al die pad tot sy dood – dit is wat liefde doen en dit maak ons baie bang. In sy wonde sien ons hoe liefdeloos ons is en ons sien die diepte van God se onvoorwaardelike liefde vir ons: Hy het Homself verneder, Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis (Filippense 2:8).

 

Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou (2 Korintiërs 5:19). As ons besef dat ons deur God aanvaar is, verander alles. In sy kwesbaarheid word ons genees. Hierdie onvoorwaardelike liefde van God in Christus is wat elkeen van ons nodig het. Dit is die enigste veilige plek in die wêreld.

 

To be loved but not known is comforting but superficial. To be known and not loved is our greatest fear. But to be fully known and truly loved is, well, a lot like being loved by God. It is what we need more than anything. It liberates us from pretense, humbles us out of our self-righteousness, and fortifies us for any difficulty life can throw at us (Tim Keller).

 

Ons het liefde meer as enigiets nodig, en daardie onvoorwaardelike liefde kry ons in Jesus – Hy ken ons en het ons steeds lief. Sy liefde stel ons vry om ander ook lief te hê.

 

 

image_pdfimage_print