Weet jy wie jy is?

image_pdfimage_print

Weet jy wie jy is?

Wat ‘n vreemde vraag. Baie Christene weet nie wie wat hulle werklike identiteit is nie. Daarom sukkel hulle om Goddelike lewens te leef. Versoeking en sondige gewoontes lyk oorweldigend en onmoontlik om te oorwin Hulle beweeg in en uit mislukking en wonder: ‘Is dit wat die Christelike lewe vronderstel is om te wees?”

 

Baie van hierdie onsekerheid en verwarring is omdat ons nie verstaan wie ons in Christus is nie. Wat sê God se woord van ons? Ons verlosisngsgebeurtenis is ‘n ongelooflike gebeurtenis wat alles in ons lewe verandr al kan ons dit nie altyd voel nie. Ons is nie meer wat ons was nie Ieman wat aan Chistus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom (2 Korintiërs 5:17). Hierdie konsep van nuutheid kry ons dwarsdeur die Nuwe Testament – die nuwe verbond, ‘n nuwe lewe. ‘n weergeborte. Hierdie is nie ‘n vernuwing van ons ou lewe voor Christus nie. God is nie besig om ons ou lewe te herstel nie sodat dit darem beter as vantevore is nie. Ons ou sondige natuur kan nie hervorm of hernuwe word nie.

 

Wat is nuut gemaak?Duidelik nie ons liggame nie. Elke jaar word ons ouer en die tekens van veroudering word elke jaar net duideliker.  Jesus sê vir Nikodemus dat hy weergebore moet word (Johannes 3:3). Jesus verduidelik dit in vers 6: Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Voor ons verlossing was ons liggamlik lewend, maar geestelik dood. Ons het nie die vemoëom na God uit te reik om onsself te red nie. Die probleem het reeds by Adam begin toe hy gesondig het.  Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het  (Romeine 5:12). Die enigste genesing vir hierdie toestand is om geestelik weer gebore te word. Dit is presies wat met ons verlossing gebeur.

 

Ons word geestelik lewend gemaak dur die Heilige Gees wat in ons kom woon.  Ons is nie langer slawe van die sonde nie – ons het ‘n nuwe Meester wat deur sy inwonende Gees ons bemagtig om Hom te gehoorsaam. Ons het ‘n nuwe self ontvang lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig (Efesiërs 4:24).

 

Die oorwinning kom deur die hernuwing van ons denke. Ons het ‘n nuwe self ontvang lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lwe volkome volgends die wil van God en wees heilig ( meer soos Christus word. (Efesiës 4:24). Ons hernuwe nie ons denke om nuut te word nie, maar omdat ons nuut is. Om ‘n nuwe skepping te word het onmiddellik met ons verlossing gbeur. Toe is ons vergewe en versoen. Die hernuwing van ons denke is ‘n proses van heiligmaking waardeur ons toenemend meer en meer soos Christus word.

Ons word opgeroep om volgens ons nuwe identiteit in Christus aan te trek. Ons moet ophou om die  stukkende, vuil klere van ons vorige lewenstyl te dra – hulle pas nie meer by ons nuwe self nie. Julle het met die ou sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van ‘n nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. (Kolossense 3:10). Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie (Romeine 13:14) Ons moet onsself as nuwe skeppings sien gekleed in Christus se klere van geregtigheid wat sigbaar word in heiligheid, deernis, nederigheid, sagmoedigheid, verdraagsaamheid geduld, vergifnis, liefde, vrede en dankbaarheid (Kolossnse 3:12 – 16).Aangesien Christus in ons woon is dit net gepas dat ons sy klere dra as om ons in ou kere van ons ou lewe te klee. Dan kan mense siendat Christus in ons is. Doen ons dit nie  lyk ons niks ander  as die wêreld om ons nie, maar ons onteer ook ons Here en Verlosser.

Dit is ons verantwoordelikheid om toe te laat lat die Hielige Gees ons lewens deur sy woord vrander. Elke keer as ons die Skrif lees word ons denke vernuewe.As die wêreld ons met versoekings bombardeer moet ons teruggaan na sy woord en ons weer klee met Christus.

 

 

image_pdfimage_print