Wonders: Is geloof in wonders onlogies?

image_pdfimage_print

 

Sadly more Christians are akin to jellyfish and ostrich than to salt and light simply because they prefer to be liked rather than obedient. Jim West

 

Wonders: Is geloof in wonders onlogies?

[Wonder = iets bonatuurliks; buitengewoons; iets wat nie met die verstand alleen verklaar kan word nie omdat dit teennatuurlik is – HAT]

Omdat wonders nie natuurlik verklaar kan word nie, moet daar ‘n bonatuurlike agent betrokke wees. As daar nie so iets soos ‘n bonatuurlike agent (soos God) is nie, is dit nie nodig om wonderwerke te bespreek nie. Die eerste vraag wat ons dus moet beantwoord, is: Is daar ‘n bonatuurlike agent/God of is hierdie materiële heelal wat ons sien al wat daar is? Met ander woorde: bestaan God? Die nuwe ateïste probeer ons wysmaak dat die wetenskap enige geloof in ‘n bonatuurlike God onmoontlik gemaak het.

 

Die nuwe ateïste wil hê dat mense moet glo dat die wetenskap en geloof in God onverenigbaar is. Dit is darem te simplisties. Daar is tog baie wetenskaplikes wat Christene is. Uitstekende wetenskap kan deur ateïste gedoen word, maar ook deur Christene. Die konflik lê dus dieper. Dit is nie tussen die wetenskap en God nie. Dit is tussen twee wêreldsienings – naturalisme en teïsme. [Naturalisme = ‘n siening waarvolgens alles uit natuurlike hoedanighede bestaan – bonatuurlike en geestelike verduidelikings geld nie. Teïsme =  geloof in die bestaan van ‘n God/god wat Skepper is en in die heelal betrokke is – Concise Oxford English Dictionary]

Naturalisme glo dat hierdie heelal al is wat bestaan. Alles wat verduidelik word, moet dus van onder na bo geskied, want daar is geen bonatuurlike nie. Maar mense soos Sokrates en Plato het geglo dat daar iets meer moet wees – daar was iets meer as ons natuurlike heelal. Dit is juis hier – tussen twee wêreldsienings – waar die verwarring inkom.

Met hierdie as agtergrond gaan ons volgende keer na natuur en geloof kyk.

image_pdfimage_print

You may also like...