Afgesonder om te bid

image_pdfimage_print

Stories about dragons are important, not because dragons are real but because they show us that dragons can be beaten – G. K. Chesterton

 

Afgesonder om te bid

Do not have your concert first, and then tune your instrument afterwards. Begin the day with the Word of God and prayer, and get first of all into harmony with Him.” -Hudson Taylor

Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid (Lukas 5:16)

 

Ek dink nie die woorde altyd weer is daar sonder ‘n rede nie. Thomas Merton sê dat sy lewe is om te luister en God s’n om te praat. Ons verlossing is om te luister en te reageer. Wat ‘n unieke benadering tot verlossing en kommunikasie.

 

Vir Merton is die doel van die lewe om na God te luister en dan op te tree. Dit is nie net sy kommunikasie met God nie – dit is sy doel in sy lewe. Luister dan optree.  Net soos Jesus moet ons luister na God en dan reageer op sy roepstem – maak nie saak wat dit van ons vereis nie. Maar, selfs  nadat ons op sy roepstem gereageer het, moet ons steeds bid. Ons moet dikwels bid – soos Jesus ook gedoen het – want God is aan die beweeg.

 

Ons neem miljoene besluite elke dag. In hoeveel van hierdie besluite vra jy vir God om deel van jou besluit te wees. Luister en tree dan op. Dit sal alles verander.

 

image_pdfimage_print

You may also like...