Apologetiek: Die Beperkings van Apologetiek

image_pdfimage_print

A fool soon makes up his mind, because there is so very little of it; but a wise man waits and considers. —C.H. Spurgeon

Apologetiek: Die Beperkings van Apologetiek

[Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

As ons die Christelike geloof wil verdedig, moet ons die swak- en sterkpunte van apologetiek ken; ons moet die voorwaardes waaronder dit werk ken; ons moet weet wanneer dinge kan skeefloop.

Een van die doelwitte van apologetiek is om die sleutelidees van die Christelike geloof te vertaal sodat die wêreld dit kan verstaan. Sekere woorde – soos vryspraak – moet geïnterpreteer word, want dit word maklik misverstaan. Daar is egter twee negatiewe gevolge waarvoor ons baie versigtig moet wees:

  1. Ons reduseer die Christelike idees tot hulle kulturele ekwivalente. Dit help ons om Jesus as die Middelaar tussen die mensdom en God te sien. Dit is ‘n begrip wat ons gereeld in die Bybel kry. Maar ons kultuur verstaan ‘n middelaar aswat ondervinding van konflikoplossing het – hy sorteer ‘n dispuut tussen twee partye uit. Pas ons dit direk op Jesus toe, sien ons Jesus as die vredemaker – ons reduseer Jesus tot dit waarmee die kultuur bekend is en die onderskeidende Christelike identiteit gaan verlore. Ons moet altyd onthou dat die evangelie bo enige kulturele idees staan.
  2. Ons mag die indruk skep dat al wat nodig is, is om die redelikheid van ons geloof te bewys. Aanvaar jy dit, is jy ‘n Christen. Geloof = toewyding aan God en nie net kennis van God nie. Ons kan hierdie probleem vermy as ons besef dat apologetiek en evangelisasie noodsaaklike, interafhanklike vennote is in Christelike uitreik – hulle vul mekaar aan.

 

Dit is baie duidelik dat daar ‘n verband tussen apologetiek en kultuur is. Daarna kyk ons in ‘n volgende blog.

image_pdfimage_print

You may also like...