Behoeftes of begeertes?

image_pdfimage_print

 

One great power of sin is that it blinds men so that they do not recognize its true character. —Andrew Murray

 

Behoeftes of begeertes?

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus (Filippense 4:19).

As ons hierdie vers lees en op ons lewens wil toepas, moet ons seker maak dat ons dit reg interpreteer. Dit kan ons alleenlik doen as ons die onderskeid tussen behoeftes en begeertes ken. ‘n Behoefte is iets noodsaaklik wat ons nodig het om die persoon wat God wil hê ons moet wees, te word – of om die dinge waartoe Hy ons geroep het, te kan doen. ‘n Begeerte, daarenteen, is iets wat ons glo plesier in ons lewens sal bring. Plesier is iets tydelik – ons begeer dinge wat vir ons vir ‘n tyd lank gelukkig sal laat voel, maar dan is dit verby.

 

Daar is niks verkeerd met ‘n begeerte nie, solank as wat dit binne die wil van God is – die uitvloeisel van ‘n Gees-vervulde lewe is. Ons lees dat ons Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra (Matteus 7:11). Maar nêrens sê God dat Hy in al ons begeertes sal voorsien nie. Hy voorsien baie van hulle, maar volgens sy diskresie en vir sy heerlikheid.

 

Wat het jy nodig om die persoon te word wat God graag wil hê jy moet wees? Maak ‘n lys van hierdie dinge en maak dit gereeld deel van jou gebedslewe.

 

image_pdfimage_print