Bybelse tyd en die van die Dinosourusse – Johann Voges
“n Leser vra:
Baie dankie vir u epos. Ek het deur al die inligting gegaan soos wat u verskaf het, maar dit antwoord steeds nie my vraag nie.
Ek weet van al die dinge in aangeduide webblaaie, en ek bevraagteken op geen manier die Bybel of wat daarin staan nie. Ek twyfel ook in geen opsig dat Jesus bestaan het nie, trouens, ek aanvaar die Bybel as die enigste bron van korrekte inligting aangaande die skeppping, tot die laasts vers in Openbaring. Ek is ‘n beleidende Christen, daarom twyfel ek nie daaroor nie.
Ek weet ook dat ek nie die Bybel as ‘n geskiedkundige geskrif moet sien nie, maar op die keper beskou, is dit tog wel deel van die wêreld geskiedenis, hoewel die besonderhede wat daarom draai, nie altyd relevant, of werd is om in die Bybel aangeteken te word nie, omdat dit presies net is wat dit sê: geskiedenis.
Ek weet nie (of het dit nog nie raak gelees nie) dat die bybel geskiedenis vreeslik baie van/oor Europa sê nie, behalwe as dit wat in Nebukadneser se droom van die beeld voorgekom het nie. Daar is ook ander lande, ens, wat nie ter sprake is nie, wat ek verstaan, omdat dit nog onontginde gebiede was, wat nie vir my belangrik is nie.
Maar almal ken die evolusie leer. Dit was selfs foutief vir die kinders gevoer. (Vir my nogal ironies – kry godsdiens onerrig waar daar geleer word van die skepping, net om in ‘n volgende vak te leer dat die mens eintlik van ‘n aap af afstam!)
En dit is my vraag: as daar iets soos ‘n ystydperk was, hoekom word daar nie melding gemaak daarvan in die bybel nie? Die hele aarde sou dan daarby betrokke gewees het, en nie net in gedeeltes wat nie aan die bybelskrywers bekend was nie. Waar pas die steentydperk in? En die yster en koper tydperk? Laasgenoemde 2 kan ek wel verbind met die betrokke lande wat daarmee omgegaan het, wat wel in die bybel genoem word. Maar as ek kyk, bv na die Romeine, vind ek nie dat hulle gespesifiseer word om in die yster tydperk te val nie, maar dat dit wel die geval kan wees agv hulle wapens wat hulle gebruik het.
Nou is my vraag: moet baie van hierdie goed met dieselfde minagting as Darwin se storie behandel word, en as dit tog waar was, hoekom het dit nie Israel en al die omliggende lande wat bekend was, ingesluit nie. Sou die Here dat een deel van die aarde amper uitgewis en begrawe word onder tonne sneeu, ens, wat ook die steentydperk insluit, en as ek verkeerd is, ook die yster en koper tydperk?
Ek bevraagteken nie die bybel nie; ek bevraagteken die geskiedenis wat ons geleer is.
Hoewel daar nie van bv die Vikings melding gemaak word nie, weet ons dat hulle regtig bestaan het, maar dat dit interne oorloë was wat nie van toepassing was in die omgewing waar die bybel afgespeel het nie.
Wanneer het die Christendom na Europa versprei? Ek weet dat die musketeers wat verromantiseer word, eintlik Christen vervolgers was, wat vir my ‘n aanduiding is dat die Christendom reeds na Europa versprei het. (Help my reg as ek dalk verkeerd is, asb.)
Ek weet dat daar beslis navorsing gedoen is, en dat doktorale proefskrifte uit Christelike oogpunt gedoen is, wat sekerlik feitlik korrek is. Ek weet ook van al die argeologiese ontdekkings wat gedoen is (en steeds gedoen word, wat bevestig dat die Bybel 100% korrek is)
As ek dom klink, vra ek om verskoning, maar sommige goed, uit Christelike oogpunt gesien, maak nie vir my sin nie, en dit sluit die teorie in van die dinosarrisse se verdwyning.
Ek het reeds verskeie kere met mense uit my kerkkring daaroor gepraat, insluitend my predikant, maar kon nog nooit ‘n bevredige antwoord ontvang nie.
Baie groete
Antwoord
Dr Johan Voges antwoord:
Oor die vraag van die Bybelse tyd en die van die Dinosourusse is daar baie verwarring, spekulasie en op die ou end weet ons nog steeds nie. Dis net so moeilike om te sê watter deel van die Bybel die oudste geskrif is of wat praat van dit wat in die ys-tydperk gebeur het. As jy Genesis se skeppingsverhale lees, is dit die eerste keer neergeskryf min of meer in Dawid se tyd in ± 1500 vC. Skeppingsverhale wat nie wil sê wanneer en hoe God alles gemaak het nie maar dat Hy alles gemaak het wat is … dis eerder ‘n geloofsuitspraak wat die destydse Mesopotamiese skeppingsbeskouing korregeer wat geglo het dat die maan en die son gode is wat aanbid moet word terwyl die Israeliete geglo het dat God alles gemaak het ook die groot lig (son) en die klein lig (maan) en Hy enigste God is wat aanbid mag / kan word.
Ek het op die volgende artikels afgekom wat so ‘n bietjie lig werp oor die spekulasies oor die korrelasie tussen die Bybelse tyd en die ‘ystydperk’
1.Dinosourusse (https://www.glodiebybel.co.za/dinosourusse/)
2. Wat sê die Bybel omtrent dinosourusse? Is daar enige verwysing na dinosourusse in die Bybel? (https://www.gotquestions.org/Afrikaans/dinosourusse-Bybel.html)
3. Sê die Bybel enigsins iets oor dinosourusse? (https://newearthministry.com/se-die-bybel-enigsins-iets-oor-dinosourusse/)
4. Die ouderdom van die aarde – Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/die-ouderdom-van-die-aarde-hermie-van-zyl/)
5. Ouderdom van die aarde – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/ouderdom-van-die-aarde-vraag/)
6. Die ouderdom van die aarde – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/die-ouderdom-van-die-aarde/)
7. Die wil van god vir die wêreld en vir jou Hoofstuk 1 (2) – Dionne Craffort (https://www.bybelkennis.co.za/die-wil-van-god-vir-die-wereld-en-vir-jou-hoofstuk-1-dionne-craffort/)
8. Geloofsvrae: Evolusie – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/geloofsvrae-evolusie/)
9. Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie – Adrio König (https://www.bybelkennis.co.za/die-groot-geloofswoordeboek-skepping-skepping-uit-niks-adam-en-eva-evolusie/)
Ek hoop dit bring ‘n bietjie meer lig oor die vraag waarmee jy sukkel.
Skrywer: Dr Johann Voges