Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Die Ou Apostelkerk – Francois Malan
Annelie vra:
Ek het in die Ou Apostel Kerk groot geword. Na Matriek het ek oor gekatkiseer in die NG Kerk en is ook oor gedoop. Ek weet presies hoekom ek alles moes oordoen, want ons almal weet watter tipe kerk die Ou Apostelkerk is. Alles wat hulle op my geplaas het omdat ek die kerk verlaat het, het ek nie aanvaar nie want ek het geweet GOD is in Beheer en ek is nie bang nie. Ek het my kinders in die NG Kerk groot gemaak. My dogter het getrou met iemand uit die Ou Apostelkerk. Ek het geweet wat wag, en het alles verduidelik voor hul troue en my skoonseun het gesê hy sal oor katkiseer in die NG Kerk.
Grondhervorming – Kobus Kok
Francois vra:
Watter riglyne gee die Bybel vir Christene in verband met grondhervorming in Suid Afrika? As die Bybel nie riglyne gee nie, wat is die riglyne wat die Christelike etiek gee?
Matteus 24 – Francois Malan
Japie vra:
Ek lees vanoggend Matt.24. Ek sal baie bly wees as ek n verklaring kan kry oor die hoofstuk. In verse 15-29 ,36, 40+41 praat Jesus oor dinge wat ek nie verstaan nie. Ek het vanoggend vergelykende tekste wat Jesus uit Daniel en Jeremia aanhaal, gaan lees. Ek kom maar net meer en meer agter dat die Bybel nie mensewerk is nie. Ek sal baie bly wees as iemand dit vir my kan verduidelik
Die Jakobus-brief – Francois Malan
Japie vra:
Ek wil net weet of Jakobus vir die Jode of Christene geskryf is. 83-vertaling sê dit is aan 12 stamme in verstrooiing geskryf. Wie was dit?