Die boustene vir ‘n Bybelse gemeenskap

image_pdfimage_print

 

Use the talents you possess, for the woods would be a very silent place if no birds sang except the best. –Henry van Dyke, digter (1852-1933)

 

Die boustene vir ‘n Bybelse gemeenskap

Gemeentes word groter. Hoe groter ‘n gemeente word hoe meer doelgerig moet hy kleiner word. Kleingroepe is die ideale manier om mikro-gemeenskappe in die groot gemeente te vorm.

 

Die krag van enige gemeente is sy kleingroepe. Wat tydens eredienste gebeur kry baie aandag, maar kleingroepe is die ruggraat van die gemeente. Hoekom? Omdat die krag van gemeenskap nooit onderskat kan word nie. Die probleem is dat die woord gemeenskap vir so baie dinge gebruik word dat dit verwarrend word. In Bybelse terme beteken dit dat ons aan mekaar net so toegewy is as wat ons aan Jesus Christus toegewy is.

 

Maar wat is die boustene vir Bybelse gemeenskap? Rick Warren beskryf tien boustene:

  • Frekwensie/Gereeldheid. Ons kan nie net elke af en toe bymekaarkom nie. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig (Hebreërs 10:25). ‘n Gewoonte is iets wat jy gereeld doen – jy doen dit oor en oor.
  • In gemeenskap deel jy jou ware gevoelens. Ons vermy dikwels egtheid as gevolg van vrees – vrees vir verwerping, vrees vir blootstelling en vrees dat jy weer gaan seerkry. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word (Jakobus 5:16).
  • As ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne (Romeine 1:12). Ons kan nie wees wat God wil hê dat ons moet wees sonder ander mense nie. Wederkerigheid bestaan uit wederkerige aanspreeklikheid, wederkerige bemoediging en wederkerige eer (Bewys eerbied teenoor mekaar (Romeine 12:10).
  • Ons respekteer ons verskille; ons respekteer ander al verskil hulle van ons.
  • Ons ondersteun mekaar as ons behoeftes of pyn het. Heiliges en geliefdes, as uitverkorenes van God, trek dus innerlike empatie, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld aan (Kolossense 3:12 – Direkte Vertaling in Interliniêre Bybel).
  • Naas vrees vernietig trots verhoudings baie vinnig. Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help (1 Petrus 5:5). Nederigheid beteken dat ek eerlik oor my swakhede is – ek erken hulle; ek erken as ek ‘n fout begaan het.
  • Meeste mense het niemand wat bereid is om vir hulle die waarheid te vertel nie – om openlik met hulle te wees nie. Maar as ons die waarheid praat moet ons dit altyd in liefde doen.
  • Alle gemeenskappe bestaan uit onvolmaakte mense. Daarom gaan mense seerkry. Hoe hanteer jy daardie seerkry? Ons moet ander vergewe soos die Here ons vergewe het. Ons moet genade teenoor ander bewys – vergewe hulle.
  • Gemeenskap rus op die fondament van vertroulikheid. Skinder vernietig ‘n kleingroep baie vinnig. Lede moet mekaar met hulle geheime kan vertrou.
  • Ons ontdek eenheid in God se doel – nie in ‘n persoonlikheid nie. Eenheid beteken nie eenvormigheid nie. Eenheid is moontlik al is ons verskillend.

 

image_pdfimage_print