Die Christen se reaksie op natuurrampe

image_pdfimage_print

Faith is the highest passion in a human being. Many in every generation may not come that far, but none comes further – Soren Kierkegaard
Die Christen se reaksie op natuurrampe

Ons was geskok deur die vernietiging van die tsoenami van 26 Desember 2004. Die dodetal was amper 250 000. Was dit ‘n optrede van God? Baie mense glo dit was God se optrede; ander sê soos Abraham: U sal tog nie so iets doen en die regverdiges saam met die goddeloses om die lewe bring nie! U sal tog nie die regverdiges soos die goddeloses behandel nie! Sal die regter van die hele aarde dan nie reg laat geskied nie? (Genesis 18:25).

 

Dit mag wees dat God die ramp veroorsaak het om sy reg uit te oefen, maar ons kan nie langs Hom op die regterstoel sit en ons afkeuring uitspreek oor wat ons dink God se straf is nie. God se oordeel is dikwels verseël vir ons – ons weet nie wat die inhoud is nie. Ons taak is nie om te veroordeel nie, maar om in genade en barmhartigheid te reageer. Ons moet vergewe. Dit is die model wat Jesus vir ons gegee het. Ons sien dit duidelik in sy bergrede en sy optrede teenoor sy vyande.

 

‘n Merkwaardige illustrasie van hierdie balans tussen reg en barmhartigheid kry ons in die verhaal van die vrou wat op owerspel betrap is (Johannes 8:1 – 11). Ons het nie die vermoë om te besluit watter is optredes van God en watter nie. Dit is nie ons taak om onheil te verkondig nie. Dit is ons taak om langs mense wat seer het – al is hulle ons vyande – te kom en bystand aan te bied.

 

 

image_pdfimage_print