Kersfees

image_pdfimage_print

 

There may be times when we are powerless to prevent injustice, but there must never be a time when we fail to protest. -Elie Wiesel, skrywer, Nobel pryswenner

 

Kersfees

Kersfees is nie meer ‘n dag nie, maar ‘n seisoen. Hierdie seisoen begin elke jaar so ‘n bietjie vroeër. Sommige geniet al die aktiwiteite; ander vind dit net te veel en uitputtend. Daar is egter sekere geestelike insigte wat ons kan leer as ons na die eerste Kersfees terugkyk.

  • Die eerste Kersfees is ook deur heelwat voorbereiding vooraf gegaan. Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom (1 Petrus 1:20). Christus se geboorte is reeds voor die skepping beplan en vind plaas op die presiese tyd wat God gekies het. Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit ‘n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word (Galasiërs 4:4 – 5). Kersfees is die oplossing van die mens se grootste probleem – sonde. Jesus was nie maar net nog ‘n baba nie. As Hy net nog ‘n baba was, was ons almal verlore. As die ewige Seun van God is Hy na die wêreld gestuur om hier as mens te leef en aan die kruis te sterf. Jesus sterf in ons plek, Hy staan uit die dood op en versoen ons met God.
  • Nog ‘n ooreenkoms tussen die eerste Kersfees en ons huidige Kersfees is die misterie wat dit omring. Daardie klein baba toegedraai in doeke was ‘n misterie – net soos die toegedraaide geskenke vir die kinders ‘n misterie is. Selfs Maria het nie al die gebeure verstaan nie. Eeue lank het dit geheim gebly, maar nou is dit geopenbaar. Aan die hand van die geskrifte van die profete en in opdrag van die ewige God is dit aan alle nasies bekend gemaak sodat hulle in God kan glo en aan Hom gehoorsaam kan wees (Romeine 16:25 – 26).Vandag het ons die volledige Skrif wat beskryf waarom Jesus Christus moes kom en hoe ons met God versoen kan word deur in Hom te glo en deur sy offer vir ons te aanvaar.
  • Nog ‘n ooreenkoms tussen Jesus se geboorte en ons Kersviering is vreugde. Die geskenke en liedere en familiebyeenkomste is maniere waarop ons ons vreugde op hierdie spesiale dag uitdrukking gee. Maar dink aan Maria se vreugde toe sy in die gesig van haar baba gekyk het.

 

Ons moenie toelaat dat al die aktiwiteite ons aandag aftrek nie; laat die voorbereidings en tradisies ons herinner dat Jesus se geboorte dié bewys van God se liefde vir ons is.

 

image_pdfimage_print