Die hemel: Waar is dit?

image_pdfimage_print

“Faith is not primarily a matter of choosing what to believe, as if one were a consumer in a spiritual supermarket, filling one’s trolley with religious goods to match one’s personal needs and preferences. Faith is our response to the astonishing discovery that we have been chosen.” ~ Timothy Radcliffe

 

Die hemel: Waar is dit?

Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.” (Openbaring 21:3).

 

Waar is die hemel? Ons stry oor die antwoord en soek ‘n geografiese plek – bo in die lug iewers. Die Bybel sê egter vir ons dat die hemel daar is waar God is. Dit verduidelik alles wat ons van die hemel moet weet.

 Maar waar is God? Daar waar God is, is twee dinge waar:

  • Waar God ook al is, is daar volkome blydskap

U leer my hoe om te lewe.  By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is (Psalm 16:11). Die psalmis praat van oorvloedige blydskap.  Jesaja sê: Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom; hulle sal altyd straal van blydskap; hulle sal vol vreugde en blydskap wees; ellende en smart sal verdwyn (35:10). Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan (Openbaring 21:4). Die goue draad war deur hierdie drie teksverse loop, is: Waar God is, is daar  oorvloedige blydskap … vreugde en blydskap … en geen leed, smart en pyn nie.

  • Waar God is, is daar nimmereindigende aanbidding

Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien (Openbaring 22:3). Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag, sonder om te rus, gesê: “ Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” (Openbaring4:8). Daar waar God is, sal hy dag en nag aanbid word.

 Wat ook al nog waar is van die hemel, is hierdie twee dinge die belangrikste: oorvloedige blydskap en aanbidding – dag en nag – in die teenwoordigheid van die Drie-enige God. Dit is die ewige bestemming van almal wat Jesus Christus liefhet.

 

 

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...