Die interpretasie van die Skrif (1)

image_pdfimage_print

Heaven would be hell to me without Christ. —Thomas Goodwin

Die interpretasie van die Skrif (1)

Dit word van gelowiges verwag om die Bybel te lees en te verstaan. Dit is nie so maklik nie. Daar is al dik boeke hieroor geskryf. Kom ons kyk na ‘n eenvoudiger manier om die Bybel te interpreteer.

Gelowiges benader die Bybel op verskillende maniere. Hierdie benadering word dikwels deur hulle omstandighede en behoeftes bepaal. Daar is drie basiese maniere om die Skrif te benader: ons moet die Bybel lees (hart), ons moet dit interpreteer (verstand word uitgedaag) en ons moet die Bybel toepas (verander ons lewens). Hierdie drie basiese elemente verander niw na gelang van omstandighede en behoeftes nie.

 

  1. Lees die Bybel

Ons moet oor die Bybelse terrein vlieg, maar ook daardeur loop. As ons oor die terrein vlieg, lees ons ‘n langer gedeelte – ‘n hoofstuk of selfs langer. Ons zoom uit om ‘n gevoel vir die groter prentjie te kry, hoe die storie ontvou, om God se oorkoepelende planne vir sy skepping waar te neem. Ons soek wysheid  en nie so seer inligting nie; ons sintetiseer meer as wat ons analiseer. Daarom is dit goed om deur die hele Bybel in ‘n jaar of twee te lees – kyk net na al die leesprogramme. Vir baie mense is dit belangrik om hulle gedagtes en insigte neer te skryf soos hulle die groter prentjie sien ontvou. Om die besonderhede van die Bybel te bestudeer in belangrik, maar om groter dele te lees, is net so belangrik – ons het beide nodig.

  1. Interpreteer die Bybel

Nou bestudeer ons kleiner gedeeltes.  As ons besonderhede soos woorde, sinne en paragrawe bestudeer, interpreteer ons ook. Dit is onmoontlik om die Bybel te lees, te verstaan en toe te pas sonder om dit te interpreteer. Interpretasie is nie ‘n opsie nie – dit is noodsaaklik Die vraag is egter of ons die Bybel akkuraat en verantwoordelik sal interpreteer.

Verantwoordelike interpretasie begin met die vraag: wat het hierdie teks vir sy oorspronklike gehoor beteken? Ons moet twee sake oorweeg as ons hierdie vraag wil beantwoord. Daarna kyk ons volgende keer.

image_pdfimage_print

You may also like...