Die interpretasie van die Skrif (3)

image_pdfimage_print

In some circumstances, the refusal to be defeated is a refusal to be educated. -Margaret Halsey, skrywer (1910-1997)

Die interpretasie van die Skrif (3)

Ons is nog besig met die vraag: Wat het hierdie teks vir die oorspronklike gehoor beteken? Om dit te kan doen, moet ons eerstens na die konteks van die gedeelte wat ons besig is om te interpreteer, kyk. Daarna kyk ons na die inhoud van die gedeelte.

 

  • Inhoud

 ‘n Paar stappe is belangrik:

  • Kyk na verskillende vertalings. Dit kan verskillende sleutelaspekte beklemtoon en mag selfs die betekenis van die gedeelte duidelik maak.
  • Lees die gedeelte ‘n paar keer deur en let op die besonderhede. Kom ons kyk weer na Hebreërs 12:1 – 3:
  1. oTerwyl ons dan waarmee hierdie gedeelte begin, verwys terug na Hoofstuk 11die groot skare geloofsgetuies rondom ons.
  2. oWat bedoel die skrywer met rondom ons?
  3. oBeeldspraak – ‘n langafstand wedloop.
  4. oOns moet elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik. Is hierdie dieselfde ding of twee verskillende dinge waarvan die skrywer hier praat?
  5. oHardloop word met volharding gekwalifiseer. Die las afgooi gaan voor hardloop met volharding.
  6. oWatdie wedloop wat vir ons voorlê?
  7. oWat beteken dit as die skrywer sê dat Jesus die Begin en Voleinder van die geloof is?

Hierdie lys kan verder uitgebrei word. Die belangrike ding is om versigtig te kyk wat die gedeelte beteken.

  • Konsulteer die kundiges om vas te stel wat sleutelwoorde beteken en om antwoorde op jou vrae te kry. Betroubare Bybelkommentare gee vir ons kosbare inligting oor elke aspek van die gedeelte. Dit is beter om verskeie kommentare en nie net een nie, te raadpleeg.

Ons probeer steeds om ons oorspronklike vraag te beantwoord: Wat het hierdie gedeelte vir die oorspronklike gehoor beteken? Ons het na die konteks en inhoud van die gedeelte gekyk. Die volgende stap is om die betekenis van die gedeelte op te som. Dit is beter om dit neer te skryf en wel in die verlede tyd: 

Die skrywer van Hebreërs gebruik die beeld  van ‘n langafstand wedloop om sy gehoor uit te daag om in hulle toewyding aan Christus, ten spyte van teenstand,  te volhard. Eerder as om weg te dryf van Christus en terug te keer na Judaïsme, moet hulle die wedloop van die Christelike lewe met volharding hardloop. Hulle moet bemoedig word deur gelowiges wat reeds volhard het en hulle moet op Jesus fokus, dié voorbeeld van volharding onder druk.

Ons het nou vasgestel wat hierdie gedeelte vir die oorspronklike gehoor beteken het. Maar het hierdie gedeelte enige toepassing op ons omstandighede?

image_pdfimage_print

You may also like...