Die interpretasie van die Skrif (4)

image_pdfimage_print

It is altogether doubtful whether any man can be saved who comes to Christ for His help with no intention to obey Him. —A.W. Tozer

Die interpretasie van die Skrif (4)

Interpretasie van die Bybel beteken ons bepaal wat die gedeelte vir die oorspronklik gehoor beteken het. Toepassing van die Bybel beteken ons bepaal hoe daardie betekenis op ons van toepassing is. Die oorspronklike betekenis is dieselfde vir alle Christene, maar die toepassing mag verskil.

Ons gaan oor van die antieke wêreld na ons huidige wêreld op twee maniere:

 

  • Hoe verskil ons omstandighede en hoe stem dit ooreen met dié van die antieke gehoor? Ons word van die oorspronklike gehoor deur baie dinge geskei: taal, tyd, kultuur, ens. Soms is hierdie gaping wyd (sekere dele van die Ou Testament) en soms nie so wyd nie. As ons kyk na Hebreërs 12 word ons nie versoek om na Judaïsme terug te keer om sodoende vervolging vry te spring nie. Ons mag egter steeds versoek word om van Christus weg te beweeg na ‘n meer “aanvaarbare” vorm van godsdiens om spot en teenstand te verminder.
  • Ons identifiseer die tydlose teologiese boodskap of beginsels. Skryf weer ‘n stelling neer: Wat beteken die teks vir Christene vandag? Maak seker dat dit die teks akkuraat weergee. Kom ons kyk weer na Hebreërs 12:
  1. oDie gelowiges wat volhard het en nou by die Here is, is waardevolle voorbeelde van volharding. Kyk na hulle vir bemoediging.
  2. oDie Christelike lewe is soos ‘n moeilike wedloop, wat inspanning en volharding vereis – dit is meer soos ‘n maraton as ‘n naelloop. Dit bemoedig mense wat in die versoeking kom om ‘n makliker roete te volg of om tou op te gooi om te volhard.
  3. oOm die wedloop suksesvol te voltooi, moet ons dinge wat ons vordering belemmer afgooi. Ons moet op Jesus en sy volmaakte voorbeeld van volharding onder moeilike omstandighede fokus.

Ons kan die toepassing meer spesifiek maak afhangende van die omstandighede.  Ons kan byvoorbeeld definieer watter poging en volharding nodig is.

Ons het gesê dat interpretasie van die Skrif ‘n ingewikkelde onderwerp is. Ons het ‘n eenvoudige skema voorgestel:

  • Lees die Bybel – lees wyd en dan in besonderhede.
  • Interpreteer die Bybel deur na die konteks en inhoud van die gedeelte wat ons wil interpreteer, te kyk.
  • Toepassing – wat is die tydlose beginsels opgesluit in hierdie gedeelte.
image_pdfimage_print

You may also like...