DIE KERK (1)

image_pdfimage_print

Christ followers are notorious for being dismissive of the church, as if it were a disposable institution created by human beings – James Emery White

 

Die Kerk (1)

Daar word baie oor die kerk geskryf – meestal negatief. Daar word baie geskryf oor mense wat die kerk verlaat – meestal jongmense. Hoekom verlaat hulle die kerk? Die belangrikste redes is:

 1.Hulle wil net so ‘n bietjie wegkom van die kerk.

2.Lidmate van die kerk is veroordelend en vals.

3.Ek het verskuif na die universiteit en het opgehou om eredienste by te woon.

4.Verantwoordelikhede by die werk verhinder my.

5.Woon te ver van ‘n kerk.

6.Ek is te besig.

7.Ek voel nie verbind aan die mense by die kerk nie.

8.Ek verskil van die politieke en sosiale standpunte van die kerk.

9.Ek wil meer tyd met my vriende buite die kerk spandeer.

10.Ek het in ieder geval net kerk toe gegaan om ander tevrede te stel.

[LifeWay Research]

Dit gaan veral oor besluite ten opsigte van mense se leefstyl. Mense kry nuwe prioriteite en in die proses val die kerk van die lysie af.

 

Vraag: Hoe kan enigeen die belang wat Jesus aan die kerk gee nie raaksien nie – al lees hy die Nuwe Testament net oppervlakkig? Luister na Paulus: Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel (Kolossense 1:21 – 22). Maar Paulus gaan verder (vers 24): Ek is nou bly oor al die lyding wat ek ter wille van julle moet verduur, want die vervolging van Christus het nog nie geëindig nie. Ek verduur my deel daarvan ter wille van sy liggaam, die kerk.

 

Paulus sê dat Christus sy lewe vir die kerk afgelê het om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water van die woord gereinig het, sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik (Efesiërs 5:26 – 29).

 

Min mense neem die kerk ernstig op; baie min is bereid om vir die kerk op te offer. Ons kan argumenteer dat min kerke God se roeping vervul – sommige kerke dryf rond. Maar: Die kerk is belangrik vir die werk van God. Die ironie is dat die geneesmiddel vir ons sinkende, drywende Christelike geloof juis die instelling is wat ons afkraak … die kerk. Dit is juis die instelling waardeur Christus beplan om die harte van opstandige mense te vang.

 

James Emery White (Serious Times) sê dat daar net een gebied buite die beheer van die god van hierdie wêreld – die duiwel – is: die kerk. Daarom word die kerk voortdurend aangeval. Die kerk staan sentraal in God se plan. Ons kan nie sê dat ons Christus liefhet en dan sy bruid aanval nie.

 

Ons gaan in die volgende blogs kyk na vier beelde van die kerk in die Bybel. Ons gaan begin by die huishouding van God.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...