Die kerk en die stad

image_pdfimage_print

 

The Christian is made such, not born such – Tertullianus

 

Die kerk en die stad

Tim Keller skryf oor die kerk se betrokkenheid by die stad. Hy glo dat meeste kerke in een van vier kategorieë val.

  1. Kerk in die stad

Die kerk kom bymekaar, aanbid en volg programme vir sy lidmate. Maar afgesien daarvan dat die mense binne die vier mure van die kerk bedien word, het die kerk min of geen invloed op die stad om hom nie.

 

  1. Kerk teen die stad

Die kerk het ‘n “ons teen hulle” gesindheid. Dit kerk is goed en die stad is sleg. Die mense van die stad is sleg, terwyl die mense van die kerk goed is. Daarom moet die kermense hulle teen die bose stadsmense om hulle isoleer.

 

  1. Kerk van die stad

Die kerk het nou so ver agteroor gebuig om die kultuur te akkommodeer dat hy nie meer sout of lig vir die wêreld is nie. In die brief aan die Efesiërs sê Jesus: Maar dit het julle darem in julle guns: julle verafsku wat die Nikolaïete doen, net soos ek dit ook verafsku (Openbaring 2:6). Baie geleerdes glo dat die Nikolaïete so behep was om relevant te wees dat hulle die vermoë om anders te wees verloor het. Daarom het hulle die effek van die evangelie verloor.

 

  1. Kerk vir die stad

Hierdie kerk soek die vrede en welstand van die stad vir die verheerliking van Christus en die heerlikheid van God. Betrokkenheid by die stad kan nooit dié doelwit van die kerk wees nie Ons word opgeroep om ons naaste lief te hê, maar hierdie liefde moet ander rig op Hom wat ons eerste liefgehad het.

 

Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is verheerlik (Matteus 5:16). Hiermee herinner Jesus ons dat ons getuienis vir Hom met ons mond gepraat en met ons hande gedoen word. ‘n Kerk vol mense vir die stad doen dit.

 

 

 

image_pdfimage_print