Die kerk van die armes

image_pdfimage_print

 

Who am I really, what others say about me?

Or am I only what I myself know of myself?

Who am I? They mock me, these lonely questions of mine.

Whoever I am Thou knowest, O God, I am Thine!

 Dietrich Bonhoeffer, “Wer bin ich?” (“Wie is ek?), in Letters and Papers from Prison

 

Die kerk van die armes

Weer een van Henri Nouwen se stukkies:

 

As ons ons armoede erken en ons armoede met die armoede van ons broers en susters verbind, word ons die kerk vir die armes – dit is, die kerk van Jesus Christus. Solidariteit is noodsaaklik vir die kerk van die armes.  Pyn en vreugde moet gedeel word. As een liggaam ondervind ons die ander se pyn en vreugdes ten diepste. Paulus stel dit so: As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly (1 Korintiërs 12:26).

 

Ons verkies dikwels om nie deel van die liggaam te wees nie, want dan voel ons intens die pyn van ander. As ons ander werklik liefhet, voel ons werklik hulle pyn. Maar, versteek in die pyn is vreugde. As ons die pyn met ander deel, deel ons ook die vreugde.

 Hierdie is voorwaar ‘n uitdaging vir ons.

 

image_pdfimage_print