Die lelike man

image_pdfimage_print

The basic dignity of man is not made up of his achievements, virtues, or special talents. It is inherent in his very being – Abraham Heschel

 Die lelike man

Rabbi Eleasar was ‘n bekende leermeester in die tweede eeu. Hy het pas ‘n sessie met sy mederabbi’s gehad.  Hy lag toe hy terugdink aan hoe hy die debat gewen het deur drie gedeeltes saam te trek. Hy voel goed, want hy het loshande die debat gewen. Net die donkie waarop hy gery het, hoor sy lag en selfgelukwense.

 

 Hy kom om ‘n draai in die pad en voor hom staan ‘n bedelaar. Hierdie man was maklik die lelikste man wat hy nog ooit gesien het. Sy klere was stukkend en vuil. Die bedelaat herken die rabbi: “Vrede vir jou, rabbi.”  Eleasar was gewalgd: “Jy is verskriklik lelik. Daar is seker niemand in jou dorpie wat so lelik soos jy is nie?”

Bedelaar: “Ek weet nie, maar vertel vir die Man wat my gemaak het: dit is darem ‘n lelikemens wat  jy gemaak het.?

Die rabbi klim van die donkie af en gaan plat op die grond lê – diep bedroef. Hy vra die bedelaar om verskoning.

 

‘n Bekende leermeester verneder deur die eenvoudige antwoord van ‘n bedelaar op sy belediging. Die rabbi het vergeet dat God self die bedelaar gemaak het. God was die pottebakker en die man se gesig was God se handewerk. Vergeet ons nie ook dikwels dat die mens God se skeppende werk is nie – dat ons deur Hom ontwerp is. Hanteer ons elke mens as ‘n spesiale skepping van God? Besef ons dat elke mens vir God kosbaar is?

Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is (Jakobus 3:9).

 

image_pdfimage_print