Die Pastor

image_pdfimage_print

Oh, if we could not die, it would be indeed horrible! Who wants to be chained to this poor life for a century or longer? —C.H. Spurgeon

 

Die Pastor

[Pastor is Latyn vir herder – WAT]

Eugene H. Peterson (The Contemplative Pastor: Returning to the Art of Spiritual Direction) skryf onder andere oor die taak van die pastor. Die subtitel gee natuurlik ‘n leidraad: nie Bybeluitleg, nie apostoliese entrepreneurskap, nie mentorskap, nie berading nie, nie CEO nie, nie die gemeente aan die gang hou nie, maar geestelike rigtinggewing.

 

 Peterson sê dat ‘n gesonde selfstandige naamwoord nie allerhande byvoeglike naamwoorde nodig het om hom staande te hou nie. Hy glo pastor is so ‘n gesonde woord. Die woord pastor het nog altyd vir hom iemand beteken wat passievol vir God is en deernis met mense het. Maar nou is pastor nie meer ‘n sterk woord nie. Die huidige definisies maak van die pastor ‘n skadelose persoon.

 

Hy sê as jy met Solzhenitsyn of Tutu praat oor die toestand van die kerk in die VSA sê hy:

They see a lot of greed and arrogance. And they see a Christian community that has almost none of the virtues of the biblical Christian community, which have to do with a sacrificial life and conspicuous love. Rather, they see indulgence in feelings and emotions, and an avaricious quest for gratification.”

 

Toe Barna begin om negatiewe bevindings op te skryf oor mense wat gereeld kerk bywoon, het mense begin glo pastors is voer-my-skape kommunikators van die inhoud van die Bybel. Die aanname was dat mense wat die Woord hoor outomaties ware Christene sal wees. Die slagspreuke was: “Preek die woord … Preek die hele woord van God.” ‘n Mens sou sê die groot opdrag van Jesus was om die woord te preek en nie om dissipels van al die nasies te maak nie. Die gevolg is die kerk groei na binne.

 

Luister net hierna:

Small groups came in vogue. Artificial, zip-code formulated communities studying fill-in-the-blank discipleship books—surely this will turn things around. A companion was added to the Sunday morning entertainment, the celebration (huge worship services). That companion was community (the template-driven small groups). Distinctive Christian living here we come! Yet, alas, large group celebration and small group community were not the magic bullet.

 

Met verloop van tyd kom ons tot die gevolgtrekking: dit is die pastor se skuld. Wat het van die ander gawes geword: apostels, profete, evangeliste en leermeesters?  Nee ons skep allerhande nuwe posisies: leierpastor, aanbiddingspastor, uitvoerende pastor … Sy gevolgtrekking is die pastor van vandag dra Saul se wapenrusting – hy kans skaars asemhaal of beweeg.

 

Peterson sê dat ons al hierdie dinge moet afgooi en weer die robuuste term pastor herstel met ‘n duidelik opdrag: Geestelike rigtinggewing.

 

image_pdfimage_print