Die smoorpunt

image_pdfimage_print

Talking to men for God is a great thing, but talking to God for men is greater still. —E.M. Bounds

Die smoorpunt

IN MILITÊRE STRATEGIE IS ‘N SMOORPUNT (CHOKEPOINT) ‘N GEOGRAFIESE EIENSKAP SOOS ‘N VALLEI OF BRUG OF POORT WAARDEUR ‘N LEËR MOET GAAN. DIT IS GEWOONLIK NOU EN DAAROM KAN ‘N KLEIN VERDEDIGINGSMAG DIT TEEN ‘N GROTER AANVALSMAG BESKERM. IN 480 VC KOM 300 SOLDATE VAN SPARTA TE STAAN DEUR ‘N OORMAG SOLDATE UIT PERSIË. TERMOPYLAE WAS ‘N KLEIN BERGPAS IN DIE OOSTE VAN GRIEKELAND. LEËRS WAT HIERDIE DEEL VAN GRIEKELAND WOU INVAL, MOES HIERDIE PAS GEBRUIK. DIE SPARTANE WEET DAT KONING XERXES EN SY LEËR DEUR HIERDIE PAS MOES TREK OM GRIEKELAND TE VEROWER.

HIERDIE PAS, SOMS MINDER AS 20 METER BREED, HET DIE BERG AAN DIE EEN KANT EN DIE SEE AAN DIE ANDER KANT GEHAD. VIR 72 UUR VAL DIE PERSIESE LEËRS AAN; DUISENDE SOLDATE STERF. DIT WAS HULLE SMOORPUNT. ‘N GRIEKSE VERRAAIER WYS VIR XERXES ‘N GEHEIME PAADJIE OM AGTER DIE SOLDATE VAN SPARTA TE KOM. AL 300 SPARTANE STERF EN DIE PERSE VAL GRIEKELAND BINNE. BEMOEDIG DEUR DIE VERHALE VAN DIE SPARTANE SE DAPPERHEID, VERENIG GRIEKELAND EN KON HULLE UITEINDELIK DIE PERSE VERDRYF.

Wat het dit met dissipelskap te doen? As jy dissipels wil maak wat op hulle beurt dissipels maak, is daar ook so ‘n smoorpunt. Jesus gee ‘n laaste opdrag aan sy dissipels: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels (Matteus 28:19). Wat is hierdie smoorpunt? Evangelisasie. As jy nie ‘n bekeerling het nie, kan jy nie ‘n dissipel hê nie.

In die middel van hierdie smoorpunt staan dikwels nie 300 dapper soldate nie, maar 300 verskonings wat oor en oor gebruik word. (Ek het nie die gawe van evangelisasie nie; Evangelisasie werk nie in ‘n postmoderne kultuur nie … ) Hoeveel gelowiges kan die goeie nuus natuurlik aan ‘n ongelowige oordra; kan die evangelie verduidelik sodat ‘n ongelowige dit verstaan. Nie baie nie.

 

Die gevolg is dat ons in ons gemeentes ‘n kultuur geskep het wat praat van die vermeerdering van dissipels, maar wat eindig met ‘n groepie gelowiges wat weekliks bymekaarkom om oor dinge van die Bybel te praat – vergaderinggedrewe en ingeteel. Dissipelskap dwing ons om betrokke te raak by ons buurman, die motorwerktuigkundige wat ons motor regmaak, die kelner wat ons in die restaurant bedien … Ons is deur die smoorpunt en nou moet ons wyd en diep gaan.

As jy dissipels wil vermeerder moet jy leer om die evangelie oor te dra. Jy moet verby die smoorpunt kom.

image_pdfimage_print