Die struktuur van die gemeente

image_pdfimage_print

 

 “Abandonment to God is the fruitful way to experience good under God. It means relinquishing ‘our way.’ It means not being angry or resentful when things do not go our way. It means that in God’s hands we are content for him to take charge of outcomes. And in that posture we make way for him to occupy our lives with us, and achieve what is best for us and for others far beyond anything we can even imagine.” – Dallas Willard

 

Die struktuur van die gemeente

Struktuur is nie die oorsaak van groei nie, maar die struktuur kan bepaal hoe vinnig en hoe groot jy sal groei. Daar is geen duidelike organisatoriese struktuur in die Nuwe Testament nie. God gee aan ons breë beginsels en nie eng reëls nie. Daar is geen volmaakte struktuur nie.

 

Ons kry twee algemene beginsels:

  • God wil hê dat ons die gemeente moet organiseer rondom die doel waarvoor Hy die kerk geskep het.
  • God wil hê dat ons die gemeente om die gawes wat Hy aan lidmate gegee het, moet organiseer.

 

Wat is die voordele om die gemeente te struktureer volgens die gawes van die lidmate?

  • Dit folkus die gemeente op bediening en nie op instandhouding nie. As ons organisasie oorbeklemtoon, kan ‘n gemeente sy fokus op bediening verloor. Jy moet bediening maksimaal uitbou en instandhouding tot die minimum beperk. Rick Warren sê dat as gemeentes helfte van hulle vergaderings stop, sal die gemeente meer doeltreffend wees. As jy groot vrugte wil hê, moet jy jou bome snoei. Dieselfde geld vir bediening: as jy groot resultate wil hê, moet jy fokus.
  • Dit gebruik talent beter. Bevry mense om te doen dit waaarmee hulle goed is. Hoe meer suksesvol mense is, hoe meer ongeduldig word hulle met betekenislose vergaderings. Komitees bespreek wat hulle wil hê ander mense moet doen; bedienings doen dit.
  • Dit bou moraal. Hoekom? Bediening is meer vervullend as instandhouding.
  • Dit laat toe vir spontane groei. As mense sien dat daar iewers ‘n tekortkoming in die gemeente is, openbaar hulle dikwels daarmee hulle gawe. Moenie dit as kritiek sien nie; besef dat hulle net hulle passie openbaar.
  • Dit bevorder groei. Die struktuur sal so kreatief wees as wat jy dit toelaat om te wees. As jy mense toelaat om uit te brei, het jy ‘n kreatiewe gemeente. As jy burokrasie het, gaan die kreatiewe mense jou gemeente verlaat. Hulle gaan na ‘n plek waar hulle toegelaat sal word om te ontwikkel.
  • Die verseker meer doeltreffende besluitneming. Gemeentes mors dikwels baie tyd op kleinlike dinge. In kleiner gemeentes berus die besluit dikwels op die gewildheid van die spreker. Negatiewe persone het dikwels baie mag in klein gemeentes. Die negatiefste persoon word toegelaat om ‘n idee dood te maak.

 

‘n Eenvoudige struktuur is meer stabiel. Hoe ingewikkelder ‘n struktuur is, hoe makliker breek dit. Hoe vereenvoudig jy die struktuur van jou gemeente?

  • Verminder die aantal vergaderings.
  • Verminder die aantal items waaroor jy stem.
  • Laat bedienings toe om hulle eie besluite te neem.
  • Laat jou begroting jou prioriteite bepaal. Hoe jy jou geld en energie spandeer, bepaal wat in die gemeente belangrik is.

 

 

image_pdfimage_print