Dr Anna Steyn

image_pdfimage_print

Dr Anna Steyn

Gebore op 25 Mei 1951 op Christiana in die Noordwes provinsie. Matrikuleer aan die einde van1969 aan die Christianase Hoërskool en studeer daarna aan die Universiteit van Pretoria en behaal in 1973 die BA(SW) graad in Maatskaplike Werk. Behaal daarna die volgende kwalifikasies aan Unisa:anna_steyn

  • (MGC)‘n Nagraadse Diploma in Huweliksvoorligting en Beraad.(1982)
  • BA(SW)(HONS)(1990)
  • MA(SW)(1993); Titel van verhandeling: “Die stiefvader as seksuele molesteerder”
  • DPhil (1999) Titel van doktorale proefskrif: “‘n Kriminologiese analise van die manlikekindermolesteeder”

Het 34 jaar praktykervaring as maatskaplike werker, waarvan die afgelope 14 jaar in privaatpraktyk is, waar daar gekonsentreer word op:

  • Individuele berading
  • Huweliksberaad
  • Gesinsberaad
  • Huweliksvoorbereiding
  • Voorbereiding op ouerskap
  • Berading met kindermolesteerders.

As maatskaplike werker het sy voorheen by die volgende welsynsorganisasies gewerk:

  • CMR Randfontein
  • Zonderwater Gevangenis (Departement Korrektiewe Dienste)
  • Kindersorg Witbank
  • SANRA kliniek Witbank
  • CMR Witbank.

Bied van tyd tot tyd paneelbesprekings aan op Radio Kragbron in die program “Parakletos” op Sondae vanaf 11:00- 12:00, waar daar aandag gegee word aan die verhoudingslewe. Het ook al saam met Prof Jan van der Watt deelgeneem aan ‘n program op RSG naamlik: “Die Bybel en my lewe”, wat gehandel het oor: “Kindermolestering”.

Voorheen ook betrokke by Unisa se Departement Kriminologie by die opleiding van forensiese kriminoloë en die skryf van studiegidse vir die vakgebied.

Geregistreer by die volgende professionele instansies:

  • SA Council for Social Service Professions
  • SAASWIPP.

Anna Steyn is 34 jaar getroud met Louis, ‘n finansiële man. Sy het twee seuns Kobus (33 jaar) ‘n elektoniese ingenieur en Pieter (30 jaar) ‘n argitek met sy eie praktyk.

In haar vrye tyd hou sy van stap, musiek, gesinslewe, tuinmaak, die natuur en kook en bak.

image_pdfimage_print

You may also like...