Drie belangrike gevolgtrekkings oor geloof

image_pdfimage_print

 

I like my way of doing it better than your way of not doing it – D. L. Moody

 

Drie belangrike gevolgtrekkings oor geloof

[In my persoonlike Bybelstudie is ek besig met Die Brief van Jakobus. Ek maak onder andere van “Exalting Jesus in James – Christ Centered Exposition” gebruik. In hierdie gedeelte maak ek van die direkte vertaling in die Interliniêre Bybel gebruik – CUM]

 

Jakobus maak drie dinge oor geloof duidelik:

  1. Geloof is meer as intellektuele instemming

In Jakobus 2:19 sê hy: Jy glo dat God een is. Jy doen goed! Ook die duiwels glo en hulle sidder. Die duiwels glo baie dinge wat ons ook glo. Hulle glo in die bestaan van God; hulle weet Christus is die ewige Regter; hulle weet dat net Christus die mens kan red. Baie mense glo dat as ek saamstem dat God in Christus genoeg is om ons te red, is alles reg. Geloof is meer as intellektuele instemming.

2. Geloof is nie net ‘n emosionele reaksie nie

Die duiwels se geloof is nie net intellektueel nie, maar ook emosioneel – hulle sidder. Hulle word deur die waarheid van God beïnvloed. Baie mense definieer hulle geloof deur die emosies wat hulle op ‘n spesifieke tyd ondervind.

3. Geloof lei tot gewillige gehoorsaamheid.

Jy wys jou geloof nie net deur wat jy dink of wat jy voel nie, maar ook deur wat jy doen. Geloof doen. As my geloof beperk is tot luister na die woord, praat oor die woord of op ‘n sekere manier oor die woord voel, is my geloof dood. Die bewys van my geloof is die vrugte in my lewe.

 

image_pdfimage_print