Ek lees nie net die Bybel vir myself nie

image_pdfimage_print

 

What precisely is profound in Christianity is that Christ is both our atoner and our judge, not that one is our atoner and another our judge, for then we would nevertheless come to be judged, but that the atoner and the judge are the same ― Søren Kierkegaard

 

Ek lees nie net die Bybel vir myself nie

Ek lees die Bybel nie net vir myself nie, maar ook vir die mense om my. Die doel van Christelike volwassenheid is nie net dat ek beter sal lewe nie, maar dat ek meer soos Jesus Christus sal liefhê. Ons lees die Bybel nie net om te lees nie, maar om te loop.

 

  1. Hoe werk hierdie loop/wandel?

Wandel is Paulus se gunsteling beeld vir die Christelike lewe. Om te wandel beteken om te beweeg, om aktief te wees, om op ‘n spesifieke pad te wees. Paulus het verskillende paaie in gedagte:

  • Die opstandingspad: Ons is dus met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel (Romeine 4:6 – OAV).
  • Die pad van geloof: Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie (2 Korintiërs 5:7 – OAV).
  • Die pad van die Gees: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie (Galasiërs 5:16 – OAV).
  • Wandel in liefde; wandel soos kinders van die lig; wandel as wyse (Efesiërs 5:2, 8, 15 – OAV).

 

Al die Bybelkennis in die wêreld beteken niks as ons nie getuig van waaroor die Bybel gaan nie. Wandel vir die heerlikheid van God is die doel, maar die deel wat die lees en wandel verbind is geloof. Dit is wat Paulus in 2 Korintiërs 5:7 bedoel.

 

  1. Die hart in die wandel

Om te lees en dan te wandel lei tot pragmatisme. Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde (Romeine 14:23 – OAV). Daar is ‘n manier – een van die hart – wat ons optrede moet vergesel. God verlang dit eerste en daarna ‘n lewe wat daarmee ooreenstem. Hoe meer ons die heerlikheid van God in die Bybel sien, hoe meer word ons harte deur sy majesteit oorweldig – en hoe meer sal ons lewe op sy karakter geskoei wees. Oppervlakkige gehoorsaamheid is onvoldoende.

Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins (Filippense 1:21 – OAV).

 

Die eerste plek waar die Bybel ons wil bring, is by Hom. Dan, verenig met Jesus Christus, met oë wyd oop kyk ons na die wêreld voor ons, na die mense in ons lewens … en ons wandel.

 

image_pdfimage_print