Geestelike groei

image_pdfimage_print

 

There are three things that if you do not know, you cannot live long in this world: what is too much for you, what is too little for you, and what is just right – Swahili spreekwoord.

 

Geestelike groei

Dallas Willard (Renovation of the Heart) sê dat net soos daar ‘n wêreld antagonisties teenoor God gevorm word ons hervorm kan word om meer soos Christus te wees. Ware en diep verandering is moontlik. Geestelike transformasie gebeur veral deur drie belangrike faktore:

  • Die werking van die Heilige Gees.
  • Die gewone probleme en versoekings van die lewe.
  • Die geestelike dissiplines.

As ons in ons lewe met God wil groei en as ons diegene om ons wil help om ook te groei, moet ons leer hoe hierdie faktore ons vorm en dan, deur die alles, vir Jesus ja sê.

 

  1. Die Heilige Gees

Geestelike transfotmasie is nie ‘n doen-dit-self projek nie. Want sonder My kan julle niks doen nie (Johannes 15:5). Jesus gaan verder en sê: Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei (Johannes 7:38). In Galasiërs 5:22 – 25 praat Paulus van die vrug van die Gees. Paulus sê ook dat die Heilige Gees vir gelowiges geestelike gawes gee wat hulle bemagtig om ander te bemoedig, op te bou en te dien. Daarom kan ons aanvaar dat die rol van die Heilige Gees sentraal staan in die transformasie van ‘n mens se lewe.

 

  1. Die gewone lewe

Die Heilige Gees klap selde sy hande en die mens is verander. Die Gees loop en werk saam met mense net daar waar hulle is. Daarom speel die probleme en versoekings van ons alledaagse lewe ‘n belangrike rol in ons geestelike transformasie. So moet ons saamleef met dom besluite wat ons geneem het, met die proses van veroudering in ‘n kultuur wat jeug beklemtoon. My broers, julle moet bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming (Jakobus 1:2 – 4). Ons swaarkry en versoekings, as ons ons aan die Heilige Gees oorgee, kan plekke word waar ons die Vader ontmoet en verander word om meer soos sy Seun te wees.

 

  1. Geestelike dissiplines

Daar is baie maniere waarop ons plek vir die Heilige Gees kan maak, sodat Hy ons kan verander. Tradisioneel staan hierdie gewoontes as die geestelike dissiplines bekend. Dit gaan nie hier oor om God se guns te wen of om ons gewetes te sus nie.  Hulle is konkrete maniere om vir God se uitnodiging om Hom te volg “ja” te sê. Lees ons die evangelies is dit duidelik dat God dikwels van hulle gebruik gemaak het. Dink maar aan diisplines soos gebed, vas, afsondering, diens, ens.

 

Lees ons die Nuwe Testament is dit opvallend dat dit baie duidelik is oor sy visie van ‘n veranderde lewe onder God se direkte heerskappy. Ons sê ja vir Jesus deur ons aan die Heilige Gees oor te gee, toe te laat dat die daaglikse swaarkry ons vorm en deur Jesus te volg in die geestelike dissiplines wat Hy beoefen het.

 

 

image_pdfimage_print