God is Koning

image_pdfimage_print

 

The measure of our love for others can largely be determined by the frequency and earnestness of our prayers for them. —A.W. Pink

 

God is Koning

Dinge is maar deurmekaar. In die VSA het ons pas ‘n verkiesing gehad wat almal verbaas het; in Suid-Afrika gaan dit soms moeilik om ons vertroue in die politici te behou. Beteken dit nou ons moet in sak en as sit? Nee, beslis nie, want die politici is nie ons koning nie.

 

Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat die redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!” (Jesaja 53:7). Die Here sal koning wees oor die hele land (Sagaria 14:9). In die Nuwe Testament lees ons die belangrikste politieke stelling van alle tye: God het sy Seun as heerser oor alle dinge aangestel. Hierdie Seun sal eendag die koninkryk van God finaal en volledig vestig.

 

Te midde van tragedies en ongeregtighede bemoedig Israel se profete en die skrywers van die Nuwe Testament mense aan om op te kyk na ‘n God wat op sy troon sit en om vooruit te kyk na wanneer sy koninkryk finaal gevestig is en daar nie meer opstand is nie. Intussen moet ons getrou bid en getrou in die wêreld teenwoordig wees. Ons word egter maklik verlei om nie net in die wêreld teenwoordig te wees nie, maar ook van die wêreld te wees.

 

Daar is ‘n aspek van God se koninkryk wat vandag min aandag geniet: die wese van God self. As ons die koninkryk van God wil verstaan en as ons in vrede te midde van al die aardse koninkryke wil lewe, moet ons verstaan dat die God van die Bybel Koning, Keiser en Here is. Die probleem is dat ons huidige siening van God radikaal verskil van die God wat ons in die Bybel ontmoet. Ons verlang verhoudings, maar nie ‘n hiërargie nie; ons het behoefte aan God se liefde, maar nie aan sy gesag en Heerskap nie. Ons soek ‘n gemaklike God

 

God as Vriend

Ons hou van die beeld van God as Vriend – nie sy lojale volgelinge nie. Dan dink ons aan die stelling in Jakobus 2:23: En hy (Abraham) is ‘n vriend van God genoem. Vriendskap bevat elemente van gelykheid; vriende ontvang sekere regte en voorregte; vriende beleef ‘n intimiteit wat ander nie deel nie. Maar vriendskap verminder nie koningskap nie. So lees ons dat die Joodse leiers vir Pilatus sê: As u hom loslaat, is u nie ‘n vriend van die keiser nie (Johannes 19:12). In Jesus se finale gesprek met sy twaalf dissipels noem Hy hulle sy vriende, maar terselfdertyd sê Hy: Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel (Johannes 15:14). Vriendskap skakel nie koninklikheid uit nie, maar word daardeur gevorm. Vriendskap beteken dat ons guns, beskerming en status van ‘n Here wat veel groter as die keiser is, ontvang.

 

Liefde en die Here

Vergeet van gesag en lojaliteit, want al wat tel is liefde. In ‘n koninklike konteks is liefde ‘n werkwoord wat trou aan ‘n heer beteken. Die Here van Israel verwag dat sy onderdane Hom sal liefhê. Liefde vir die Here is net ‘n ander woord vir gehoorsaamheid. Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet (Johannes 14:21).

 

God se koningskap moet ‘n belangrike tema in ons lewens wees. As ons persepsie van God as Koning met wonder en eerbied oor sy grootheid en heerlikheid gepaard gaan, leer ons om Hom te vertrou. Dan besef ons dat Hy die outeur van ons en ons land se storie is. Ons kan in vrede lewe, want ons weet daar is ‘n Koning wie se koninkryk op pad is.

 

image_pdfimage_print